DAAR is die verhaal van die man wat besuinig het en elke moontlik rand
gespaar het vir 'n bootreis na Amerika. Hy het
uiteindelik net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
Gedurende die reis het hy
verlangend gekyk hoe die ander
passasiers by die groot kostafels aansit. Hy moes maar
met brood en beskuitjies tevrede wees want
hy het net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal nie.
Na
twee weke kom die groot passasierskip uiteindelik by sy bestemming aan. Een van die skeepsoffisiere vra
toe aan die man of
hulle hom dalk aanstoot gegee het omdat hy nie sy maaltye geëet het nie.
"O
nee," het die man geantwoord, "ek het net genoeg geld gehad vir my
kaartjie. Ek het nie geld gehad om vir die maaltye in die eetkamers te betaal nie."
Die
skeepsoffisier het die man verbaas aangekyk en gesê:
"Meneer,
ek is so jammer. Jou maaltye was by jou kaartjie ingesluit!"
So
lewe baie Christene op brood en beskuitjies wanneer God se beste al die tyd vir hulle beskikbaar is.
Hulle ken nie die
terme van die kontrak, hulle Verbond –
die Nuwe Testament – nie. Hulle besef nie wat hulle alles ge-erf
het nie, hulle weet nie van al die beloftes nie en ook nie dat God self belowe
dat Hy sy verborgendhede aan ons sal openbaar nie.
So gaan die volk ten gronde weens ‘n
gebrek aan kennis.
Dit laat mens dink né!