
Hierdie webwerf het ek gemaak sonder om goed te dink oor die moontlike
nagevolge.  Kort nadat die werf lewendig geword het op die Net het 'n
vriend van my, kodenaam Vetch, my aangeraai om dit af te haal.  Ek het.
Ek het ook met kodenaam Jasper gekorrespondeer, en sy wense was om dit
nie beskikbaar vir algemene openbare toegang nie.  Ek voel egter ek wil
al my werwe beskikbaarstel vir aflaai en besigtiging.  Ek het dus die
oorspronklike e-pos naam en adres verander na "deadlink@yahoo.com", en
die Geocities werfnaam ook verander na "deadlink".  Sommige grafika
moet ek redigeer en van voor af kompileer om verwysings na kodemaan
Jasper uit te haal en te vervang met "Jasper".  Ek hoop nie dit maak
'n verskil aan die leser genieting van die ontwerp van die bladsy nie.

Ek het vroeer korrespondensie ook by die zip-file ingesluit... by
nabetragting het ek besluit om die nie in te sluit nie.

Samuel Murray
1999-08-19
leuce@geocities.com
http://ey.to.hey.to/

Kodenaam Ged
