******************************************************* HIERDIE AFRIKAANSE TAB IS VERSPREI DEUR KITAAR MY KRUIS www.geocities.com/kitaarmykruis kitaarmykruis@gmail.com ******************************************************* Voël - Sara ----------- Intro: G Em C D G Sara dra 'n botterblom Em Wat sy plak net soos gom C Reg agter haar linkeroor D En die meeste mense dink dit lyk goor G Maar Sara sy's min gepla Em Want sy't niemand vir 'n opinie gevra C Haar ruimteskippie is nog baie klein D Maar ek is seker dit sal nog aan haar verskyn Koor: G C D Sara hoe is jy so vry G C D Om dinge te bely waarteen ons almal stry G C D Sara hoe is jy so vry Em C D Om jouself te wees sonder vrees Jou botterblom is giggelgeel En ek neem aan dit sal jou nie skeel As die mense in hul groepies lag Met hul wysvingers oor jou snaakse gedrag En Sara ja ek wonder weer Wat de hel het nou regtig met jou gebeur Want in jou oë sien ek alweer Jou verdriet en verlange na meer Koor: Sara ja ek wonder weer Is dit regtig jy of 'n muur vir al jou seer Sara ja ek wonder weer Hoe jy jouself kan wees met al jou vrees ********************************************************************* Ek het hierdie ou se musiek so ruk terug ontdek en ek raai almal aan om sy cd te koop, dis puik! Geniet die song, dis die beste een op die cd. werner@matlabas.co.za ********************************************************************* Woorde & Musiek: Werner Carstens TAB: Werner Frost