******************************************************* HIERDIE AFRIKAANSE TAB IS VERSPREI DEUR KITAAR MY KRUIS www.geocities.com/kitaarmykruis kitaarmykruis@gmail.com ******************************************************* Valiant Swart - Die Mystic Boer ------------------------------- Am Op 'n vaal vlakte Het ons hom die eerste keer gewaar Hy't snaaks gedans en weggeraak In 'n waas van walms en wind Daar was klowe in die verte En die son was nog jonk Am En grys voëls het ons dopgehou Toe ons onder die oggend vir mekaar geknik het Ons gaan hom jaag Die newels het gewink Die dag het geruik na nuwe bloed En gebreek Am C G Am Veertig dae en veertig nagte C G Am Soek ons die mystic boer Am C G Am Maar soos die perde van middernag-gedagtes C G Am Bly hy op sy hoede en loer Am Oor sy skouer Ons loop deur die leegte Met ons oë vasgepen op 'n stofwolk Waar sy voete die aarde ontstig het Met passies vol punk en plesierigheid Die môrestond het ons blinkgesmeer met vars hoop Op geluk en wysheid en vreugde En vure vol verskeidenheid En lig Na die berge, na die klowe, na die spelonke Dwarrel die gees Terwyl ons, die jagters, hom bestorm Met nette en tralies En tyd Veertig dae en veertig nagte Soek ons die mystic boer Maar soos die perde van middernag-gedagtes Bly hy op sy hoede en loer Oor sy skouer Die grense van ons mission Was slegs die wind en weer Die bliksems en donders wat bangpraat En reën bring om stof te kanselleer Hoe groter die drang na ontmoeting Met die koning van die nuwe asem Hoe woester die tog En hoe stiller Daar was 'n skaduwee om merker te speel En 'n uptempo rouklaag die magneet En visioene van nuwe dinge Was oral Veertig dae en veertig nagte Soek ons die mystic boer Maar soos die perde van middernag-gedagtes Bly hy op sy hoede en loer Oor sy skouer Skielik was daar niks Behalwe 'n vaal vlakte en die son Was ons alleen met water en jeans Die danser was weg Teen middernag was die maan treurig en mooi En die grond het gesmaak na sout En toe die nuwe oggend opstaan uit die berg Het grys voëls ons dopgehou So as jy hom sien, en jy wil hom soek Doen dit gerus Want dis 'n groot avontuur Alhoewel jy eindig Waar jy begin het Veertig dae en veertig nagte Soek ons die mystic boer Maar soos die perde van middernag-gedagtes Bly hy op sy hoede en loer Oor sy skouer met 'n vreemde grynslag En dans in die nánag met die maan Oor sy skouer met 'n oog wat uitdaag Kom nader, kom vra my my naam Ek's die Mystic Boer Die Mystic Boer Ek's die Mystic Boer Die Mystic Boer Woorde & Musiek: Valiant Swart