Thys die Bosveldklong - Ou Bobbejaan ------------------------------------ 1ste Vers: C Daar's 'n ou bobbejaan in Du Toitskloof-tonnel F En hy praat op die SOS G Hy slaan die lyn na die Krugerwildtuin F C En vind uit hoe dit gaan daar met die res Hy't 'n oom en 'n tannie en 'n hele klomp broers F Daar bo in die Oos-Transvaal G En 'n neef en 'n niggie in Skukuza C Waar die mense jou met piesangs betaal Brug: C Want vir 'n ou bobbejaan is dit duur op 'n trein F Nou praat hy maar liewer oor die SOS-lyn G Die mense is op die bondel, oor die aap in die tonnel F C Hy drink nog boonop wyn Refrein: C En hy praat en hy praat G Oor die dinge wat hom hartseer maak C Dis oor die AWB en die ANC, die diere by die DBV C C En hy lag ah, ah! en hy lag ah ah! G 'n Mens is 'n ding vol snert G G Want hy ry in kar en hy lyk nes 'n nar G7 C Net 'n bobbejaan sonder 'n stert Brug 2de Vers: Want as die groot ou lorries van die Kelder Bo teen die berg uitbeur Dan sit ou bobbejaan agterop die wa, hy gaan al die wyne deur Hy hou van 'n Blanc-de-Blancie en 'n Cabernet Sauvignon Maar die rooi kan jou kwes as die kelkie jou pes En uit is 'n bobbejaan-gô Refrein Brug 3de Vers: Nou's daar groot konsternasie in Du Toitskloof-tonnel En ou bobbejaan bly net praat Die mense vat kiekies en giggel bietjies-bietjies As Bobbejaan sy keel skoonmaak Toe skree daar een ou:"Drie minute om!" En ou Bobbejaan kyk vererg Hy sluk sy wyn, hy maak klaar op die lyn En hy loop terug na die berg Refrein x 2 laaste deel van 2de herhaling: Die mens het 'n lekker resep Want daai wingerdsap, wat uit die water tap Laat water 'n bobbejaan-bek Woorde & Musiek: Thys die Bosveldklong Baie dankie aan Stefan van Zyl vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse kitaartabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za