Titel: Blou Blou Lug Kunstenaar: Seeleeu Leipoldt Album: Wildebeest-Volk jou ook! Getab deur: Likkewaan Nog een van daai skaarses. As 'n girl jou ooit opgedonner het in die lewe is die song vir jou......... die bitch..... Seeleeu Leipoldt is 'n maltrap musikant. Hy doen van die wierdste goed in sy songs. Die vers gedeeltes rustig en die akkoorde vloei redelik. Die koor en pre-chorus gedeeltes is moervinnig. Ek stel voor kry eers die song in die hande by iemand. VERS: (Nota: Fingerpick lekker stadig en sing sag en soet) C D F Blou, blou lug En die wolkies raak aan my gesig En die blou blou lug Met voëltjies wat sing En engele wat liefde bring Blou, blou lug En die groen groen gras (Nota:Skree bloedblase op jou stembande en dink aan die laaste teef wat op jou sak getrap het. Dit geld vir die pre-chorus en die koor gedeelte) PRE-CHORUS 1: C G As dit maar net, Am F as dit maar net so fokken maklik was CHORUS: C G Am F Want ek's onbevange Ek's fokken kwaad Ek's vol van alles wat lelik is En ek's vol van haat Hier sit ek onder grond Ek sit my voet in my mond En ek wonder Wat de donder gaan met jou aan Want ek's moeg vir jou kak x3 Am Tog deur dit alles heen VERS: Is daar darm nog 'n sagte kussing 'n Sagte bed 'n Warm huisie waar ek alles wat ek nodig het En 'n vriendelike familie En 'n meisie o so fyn PRE-CHORUS 2: En tog kak ek van die alleengeid En die pyn TO CHORUS VERS: Is daar darm nog reëndruppels En 'n sagte windjie wat waai En baba skilpaadjies En konyntjies is tog Alte fraai Maar nog 'n bottel kantel En my kop begin te draai C G Am F En sneeuwitjie se prins is Is besig om Aspoestertjie te naai Alles is nie reg nie Alles is verkeerd Alles is nie pluis nie Want jy is 'n ander doos se meisie En ek's moeg vir jou kak x baie keer ---------------------------------------------------------------------------------- Wikus "Likkewaan" Erasmus Klagtes, vrae, versoeke? likstr@webmail.co.za ---------------------------------------------------------------------------------- Onthou asseblief tog dat dit nie my skuld is as hierdie tab in jou gesig ontplof en jou hande wegskiet dat jy nooit weer kitaar kan speel nie (of so iets dergerliks) en dat dit wel jou skuld is as jy die tab gebruik in selfmoord-bomaanvalle of om enige ander land skrik te maak (of so iets dergerliks) JY MAG NIE GELD HIERUIT MAAK NIE! As jy geld hieruit maak hoop ek die Taliban herrys en kom om jou genetalia af te sny! ---------------------------------------------------------------------------------- Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir nog Afrikaanse kitaartabs