Ruben Lennox - 'n Duisend Liggies --------------------------------- C Hoor hoe lag die manne G Waar ons langs die vliegtuig staan Vrolik skud hul hande C Dis tyd om terug te gaan Ek kyk weer na die foto Waar jy deur die kreukels lag En hoop jy's nog dieselfde Soos op daardie somersdag Ek hoor hoe brul die enjins Ons is reg om op te styg Die laaste kwaai bevele Laat die manne vinnig swyg Ek loer weer oor my skouer Na die bosse en die sand En dink weer aan die huisie Waar die vreugdesvure brand C F C Hang 'n duisend liggies aan die geuwel bo jou deur D G Gaan pluk 'n duisend blomme elke soort en elke kleur C F c Ek sing 'n duisend deuntjies om die ure om te kry F C G C Laat brand 'n duisend liggies om te wys jy wag vir my Die dorpies en die stede Blink onder op die grond Hoog bo sit die manne In goepies oral rond Ek dink weer aan jou briewe Onthou wat daarin staan En iewers in die verte Wag die laaste aanloopbaan Nou reik my treë langer As die wind my wange streel My hart gedra hom moedig Maar hy klop hier in my keel Dan skielik vanuit nêrens Staan dit helder voor my oë Al was ek dit te wagte Is dit moeilik om te glo Daar hang 'n duisend liggies aan die geuwel bo jou deur Gaan pluk 'n duisend blomme elke soort en elke kleur Ek hoor 'n duisend deuntjies en ek weet dat jy onthou Daar brand 'n duisend liggies, ek is veilig terug by jou Daar brand 'n duisend liggies, ek is veilig terug by jou Woorde & musiek - Ruben Lennox Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za