Richard vd Westhuizen & Lochner de Kock - Kinders Van Afrika ------------------------------------------------------------ D Em Die kinders van afrika sit langs die vuur, G D A Krap in die louwarm as D Em Verhale en mites vervlieg in die nag, G D A Die toekoms is 'n storie uit pas Em D Die jare het hul in die stampblok gemaal G A D Met wette geskaaf en geskaal Em D Hul gisters het hul in die nanag verlaat G A D Verblind, afgesonder, gehaat Die kinders van afrika stook nou die vuur, Blaas op die rooiwarm as Verhale en mites herrys in die nag, Legendes word weer aangepas En die jare val weg soos 'n ou droe blaar Vergete, ontwapen, ontaar Die dae herrys as die nanag breek Soos 'n phoenix wat alles wil weet En die kinders van afrika loop deur die land, Met fakkels wat die duister laat vlug Skadu's verhelder, verdwyn in die brand, En die duister maak plek vir die lig En die nuwe dag breek met 'n vrugwater vloed Helder en warm vol bloed Met geboorte van kennis word die duister verdryf En met die stem van 'n kind wat uitroep Kom kinders van afrika, kom saam met ons, Kom laat ons die ligdag begroet Vergeet van die duister se ketting en slot, Kom laat ons mekaar nou ontmoet N'kosi sikelel iafrika Woorde & Musiek - Lochner de Kock Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za