Randall Wicomb - Voete van 'n Gemsbok ------------------------------------- REFREIN: G Hy gee my voete van 'n gemsbok D7 Die Kalahari lê nou oop Hy gee my voete van 'n gemsbok G Die Kalahari lê nou oop C Ek sal nou veilig op die hoogste duin G Ek sal nou veilig op die hoogste duin D G Ek sal nou veilig op die hoogste duine kan loop 1ste Vers: C Al sou die doringse in die veld G Nie meer wil blommie D7 En die wingerde oppie jaartse G Se troste willie kommie C Al sal die dadelse nou G Niks dadelse dra nie D7 En dittie help om putse virrie G Water ditte gra nie REFREIN 2de Vers: Al sal daar nie meer skaap In die kampe in wesie In die krale nie meer bok Of eers 'n besie Dan sal ek nog altyd In die Jirre sit en jubel en juig Want die Jirre red die Wat voor hom buig ------------------------------------------------------------------------------------------------- PS: Ek het hierdie song in G majeur sowel as A majeur gedoen. Hieronder volg 'n lys van die akkoorde in G majeur met die ekwivalente in A majeur. G = A D = E D7 = E7 C = D ------------------------------------------------------------------------------------------------- Woorde & musiek - Hans du Plessis en Randall Wicomb Baie dankie aan Stefan van Zyl vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse kitaartabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za