******************************************************* HIERDIE AFRIKAANSE IS TAB VERSPREI DEUR KITAAR MY KRUIS www.geocities.com/kitaarmykruis kitaarmykruis@gmail.com ******************************************************* Radio Kalahari Orkes - Farieda ------------------------------- Inleiding: G-C-G-D-G G Nagklub in Athlone, aand is amper klaar Meisie dans alleen, anderkant die bar C Ek sluk ‘n dubbel whiskey om confidence te kry G Tik haar op die skouer en sê: “Kom dans met my.” D Sy swaai om in die donker en rig haar smile op my G Ek verdrink in daardie oë, my lewe is verby Refrein: Em G Em G Ek verlang vir jou Farieda, Ek soek jou langs my sy Am C G D Die seer kan ek nie verdra nie, kom terug na my Em G C Em G Ek wag hier in die reën by ons ou rendezvous G Am D G Soek almal se gesigte, maar joune is verloor > Refrein Instrumental G Haar Daddy is ‘n gangster, dra altyd donker bril Daar’s tjappe op sy hande, sy stem is koud en kil C Hy sê: “So Boetman, jy wil lid van my familie wees? G Dan gaan jy vir my werk en dit gaanie maklik wees.” D Hy trust nie hierdie lanie wat sy dogtertjie wil trou G Stuur my op ‘n errand en die res het so ontvou: G In ‘n agterstraat van Woodstock staan daar ‘n ysterdeur Ek klop daar en sê: “Bra Salie het my gestuur.” C Maar iets is hier verkeerd, die wag se oë rek groot G Hy trek los met sy pistool en skiet Farieda dood D Bra Salie wil my doodmaak, die Polisie soek my ook G Maar ek staan hier in die reën, wag vir Farieda se spook > Refrein tot end Woorde en musiek: D. Roberts & R. Malan Tabber: Emile Odendaal