PlatAnna - Silwerritme ---------------------- Intro: D Em Em G Em Die pendulum swaai met silwer ritme G Em Witblits ys van die nag besit my G Em In die boek van die tyd skryf ek rym-gedigte A Em Dansers draai in silwer ritme Flitse flikker in die ysrook om my Die rook blaas sirkels by die stoom verby Asuur in die water wat hitte vermy Sirenes lui, doringdrade versprei doringdrade versprei G D Em Oooh met silwer ritme G D Em Oooh met silwer ritme Die blou vuur van jou lyf bestuur my in die polsing van amper-verby Die draai van die wiele in my kop skree jy Die dadaïsme in my sal alles bevry sal alles bevry Oooh met silwer ritme Oooh met silwer ritme D Em Wat maak jy daar D Em Hou jou rokkies bymekaar Daar's nagte wat nie weet van slaap Daar's dae wat nie weet van waak Dis die siklus van angs en van wraak Mmm mag ek aan jou raak mag ek aan jou raak Fragmentasie van beelde bly spook in my platinum denke wat smeltend kook Roep die dogters van die gode wat kwaad wil stook Oooh hulle gis in my ook hulle gis in my ook Oooh met silwer rime Oooh met silwer ritme © Anna Swanepoel 2000 Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za Baie dankie aan Anna Swanepoel van Gypsy (www.gypsy.co.za) vir die bydrae van hierdie tab.