Koos Kombuis - Kaptein Koebaai ------------------------------ D A Daar's 'n geritsel onder in die blare Em G Daar slaap Kaptein al jare Em A Met sy vrou sonder tande en kroeshare D A Geen idee van die dag of maand Sy baadjie is verslete Sy lyf al hoe meer vol skete Maar daar was altyd nog 'n varkkop vir 'n ete Tot vannaand D A Em G Hallo, Kaptein, koebaai D A Em G Waar die maan onder deur die wolke draai D A Em G Onder die brug van sugte ver van Coetzenburg se ligte Em A D Het jy vannaand jou laaste gif geswaai A Em G D Jou pil gedraai, Kaptein Koebaai Groet jou gees nog die studente Om te vra vir brood en sente Nog net 'n maand oor tot die lente Se warmer weer Staan jy dan nooit weer op die Braak nie Maak jy dan nooit meer saak nie Gaan jy dan nooit weer skree "Niks makie Wat makeer" Hallo, Kaptein, koebaai Waar die maan onder deur die wolke draai Onder die brug van sugte ver van Coetzenburg se ligte Het jy vannaand jou laaste gif geswaai Wie's die man daar in sy donker jas Wie stempel nou jou laaste pas Wie red dalk nog jou bas As die rivier rug-oor-kop draai En jy tussen klippe en koerante Gryp na sterre en diamante En roggelend reis soos Dante Jou bloutrein hemel toe klaar gelaai Hallo, Kaptein, koebaai Waar die maan onder deur die wolke draai Onder die brug van sugte ver van Coetzenburg se ligte Het jy vannaand jou laaste gif geswaai Woorde & musiek - Koos Kombuis www.kooskombuis.co.za Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za