Koos Du Plessis - Sprokie Vir 'n Stadskind ------------------------------------------ C C7 F As die reën van stof en roet verby is, C G7 C G7 en die rook verdwyn C C7 F sal daar in die sterrelose hemel C G7 C C7 'n neonboog verskyn F C En kyk maar goed, want as jy hom vind G7 C vertel ek vir jou 'n sprokie my kind C7 F C van 'n skatkis met ou kettings gebind D7 G7 aan die neonboog se punt. Volg hom elke nag oor swart riviere oor kranse van beton, as jy aanhou stap 10 000 ure sal jy dalk daar kom. Maar hier moet jy jou nimmer laat bind want so lui die ou, ou sprokie my kind as jy geluk en vrede wil vind soek die neonboog se punt Volg hom elke dag oor swart riviere kyk nie eenmaal om dalk vind jy die land van blou saffiere en dalk 'n brokkie son Woorde & musiek - Koos du Plessis Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za