Koos Du Plessis - Skadu's Teen Die Muur --------------------------------------- D G Die donker kom van buite en syfer deur die ruite D en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur G en die tafel en die laaikas, alles wat eers vas was Em A D versmelt tot blote skadu's teen die muur D G Ons drome van gister word somber en sinister Em A D A want, kyk alles het 'n vasgestelde uur D D7 G ons beplan toringblokke, maar die slopers is betrokke Em A D en ons drome is bloot skadu's teen die muur Met orrelbegeleiding kom die voorspel tot die skeiding maar dis alles reg die liefde is 'n vuur van die vurige hofmaak hoor ons later in die hofsaak want die liefde is 'n skadu teen die muur In swart of wit getooi, in 'n stoet of in konvooi wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur en leef holderstebolder want die kis wag op die solder en die lewe is 'n skadu teen die muur D D7 G En leef holderstebolder want die kis wag op die solder Em A D en die lewe is 'n skadu teen die muur Em A D die lewe is 'n skadu teen die muur Die donker kom van buite en syfer deur die ruite en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur en my voete en my hande, word onbekende lande in die skadukaarte teen die kamermuur Die węreld word 'n skadu teen die muur 'n Flikkerende skadu teen die muur Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za