Klopjag - Toe Dit Ek en Jy Was ------------------------------ Versies: F Dm C Bb C F Bridge: Bb C F Dm Bb C F Kranse in die Boland die reuk van fynbos langs die see en kampvure by Buffelsbaai weergalm jou naam Verbasing in oë die fotos daarna en name wat ek vergeet het trek lyne van jou gesig Maar nou's ek gatvol ek voel naak en verdwaald en ten spyte raak ek verslaaf aan kakpraat en fotos neem saam met mense wat ek nooit weer gaan sien nie Ek mis pretoria my bakkie met sy gearlock wat nooit wil oop en sy ligte altyd op bright ek en Jacques se smokebreaks by die vensters voor hof 6G onder plakkate wat beweer ons bevind ons in 'n rookvrye gebied ingevolge artikel sus en so van wet huffels en suffels Maar, toe dit ek en jy was wat hand aan hand deur die vlooimark stap Woorde: Salmon de Jager Musiek: Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za