Klopjag - Stiltes ----------------- Versies: C F G Koor: F G C (x2) F G C Em Am F G Am F G C Bridge: Am G F G (x3) Somtyds is daar stiltes tussen woorde en akkoorde… En somtyds is daar nie Somtyds is daar `n boodskap op my foon… En meestal is daar nie Somtyds is daar stiltes tussen jou en my… En meestal maak dit my bang Koor: Want die tyd gaan verby en die stiltes word al harder tussen ons. Maar die lewe gaan nog voort: so op een sad akkoord. En die tyd wat ons inhaal maak my bang, En die ure wat ons mis… bly aan my hang Is dit die woorde of die wysie wat jou laat verder luister… of is jy net lus om iets te hoor? Hardloop my horlosie vinniger as joune… of gaan als net so gou verby? Dalk is dit net my internet-konneksie… dat ek niks meer e-mails van jou kry? Koor Bridge Koor Woorde & musiek - Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za