Klopjag - Rol van die Dice -------------------------- *Intro en versies: Ad Lib improvisation in Em Hy bly in Proesstraat, daar’s ‘n Metro, straatkafees en freelance wapenhandelaars. Hy staan lewenddood voor ‘n garagedeur sy sigaret en rook en dink by hom self… ** Koor: (G D C x2) As die skerwe van die spieëls om hom dans. Dan wens hy, hy kan eenkeer, net een keer, die dice self rol. ***Instrumental = G D C G D Em Hier is iets van alles. Regters, straatverkopers, staatsamptenare en karwagte loop flink verby. Hy erken skielik ‘n man en bedel skaamteloos ‘n sigaret by hom. Die man frons en gee, hy glimlag en vat. **Koor: ***G D C G D Em Hy sien alles, hoor alles, glo alles, maar vertrou niemand. En in die aande as Proesstraat leegloop los hy die illusie van keuses vir nog ‘n dag. **Koor: Instrumental: G D C x 4 Laaste koor: = G D C G D C Em As die skerwe van die spieëls om hom dans. Dan wens hy, maar weet hy, hy sal nie een keer, die dice self rol. Woorde en musiek: S de Jager Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za