Klopjag - Relatiwiteit ---------------------- Woorde: Piet de Jager Musiek: Dawie de Jager Intro & Versies: G Csus Bridge: D Dsus4 D Koortjie: G Em C D Intro Bridge Vers sal jy tot die been toe wees reguit wees met my? sal jy onverbiddelik bly op die korste pad tussen jou en my en my vertel hoekom jy soms berekend sê jy ken my nie? hoe sal ek jou ken as ek my nie ken nie? Bridge Koor: ek verloën jou so opreg dat selfs die haan kromrug, verleë vir my kraai- want so lank die son my wete buig verstaan ek van my min: net dat ek geboë is, deel van jou boggel liefde, deel van ons gekromde gewete, ons skeel waarheid wat vergeefs al dertien verlore bewegings van my aanwesigheid wou verklaar net altyd, so gee dit voor, ek is dus die grade van die driehoek tussen jou en my en altyd bly onvolledig illusie van ons verstaan relatief tot ons gewaande bewustheid ek ken jou nie, maar ek weet van jou want jy spieël so dikwels in my raaisels Woorde: Piet de Jager Musiek: Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za