Klopjag - Koeëldoppies en Halfkaal Vrouens ------------------------------------------ Versie1: E A G E Versie2: A G E Versie 3, 4, 5, 6 & 7: A G F# E Koortjie: B Bmol A Versie1: Vandag is koeëldoppies en halfkaal vrouens aan die orde van die dag. Versie2: Vandag lê almal wakker in die laatnag as die honde vir die skaduwees begin blaf. Versie3: Vandag het iemand 'n rugsak in my kar vergeet en ek sien 'n lont en ek ruik petrol... Versie4: Vandag is daar 'n ou tannie in die middel van die teerpad en die bus het nie brieke nie, maar Superman is besig om 'n trein te stop. Koortjie: En dan vra ek jou waar's my hero's nou? Het almal dan gaan vakansie hou? En dan vra ek jou waar's my hero's nou? Is al my hero's dan nou dood my ou? Versie5: Vandag is daar 'n vrou op elke hoek met 'n bose driftige geaardheid en 'n skerp, skerp tong! Versie6: Soos ek verby stap hou sy my dop; trek haar mini bietjie op se "Haai jy! Ek sê kom 'n bietjie hier jong" Versie7: Vandag het Anton Pieter Gouws gedog hy sien die rooinekke hou hom dop en hy rook Lucky Strike, ma' hy voel nie baie lucky nie Koortjie: En dan vra ek jou waar's my hero's nou? Het almal dan gaan vakansie hou? En dan vra ek jou waar's my hero's nou? Is al my hero's dan nou dood my ou? Woorde & musiek - John-Henry Opperman www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za