Klopjag - Karloos in Arcadia ---------------------------- G Em C D regdeur As die honger aan my maag kou dan stap ek af in Schoeman en sny koek oor die museum se gras tot by die KwikSpar in wesselstraat 'n Ou Bob Dylan song bler in my kop terwyl my voetstappe die ritme hou Boemelaars knik beleef vir my net om te se hei, hei ons verstaan ! Koor: Karloos, Karloos in Arcadia en die wereld ry verby my se my jy kom terug, terug om te bly. Waar is jy nou - Opgejack en gestrip vir parte iewers langs die pad kon jy nie net 'n alarm insit nie , jou armgat! Soggens verkyk ek my aan karre soos ek wag om Pretorius te kruis tot waar die Colbynbus my oplaai in Kerkstraat. Op die sitplek voor my lees 'n tannie weer haar kleinkind se brief moe oe vonkel vir die kiekie links bo in die hoek Koor Ek mis jou my rooi masjien Soos ek aan stap herhaal busroetes en 'n masnommer in my kop Partykeer maak die wereld nie vir my sin nie maar dan steek ek maar nog 'n siggaret op want ek is Karloos in Arcadia Koor Woorde: Salmon de Jager Musiek: Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za