Klopjag - Ice-cream & Vla ------------------------- Regdeur: G Bm C D My sigarette is op - ek drink my laaste dop My hart is vol pyn - ek's ge-"fire" by my myn my vrou lê kwaad op die mat, want die bank, die bank het die tv kom vat Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla. En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla. Wagter is honger op wag en ons is weer hier binne sonder krag. My laaitie is nou ses, nie slim nie maar hy probeer sy bes Ek staan deesdae baie meer en my knieë, my knieë raak seer want die bank, die bank het die bank kom vat. Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla. En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla. En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla Woorde en musiek: Dawie de Jager & John-Henry Opperman Kopiereg: Klopjag Musiek BK (2004) Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za