Klopjag - Die Storie van Piet Vermaak ------------------------------------- Verse 1 tot 7 : E D A G E D A Koor & Vers 8 & 9: A G D A A G D Eendag lank gelede in ‘n dorpie naby êrens het ‘n man gewoon met die naam van Piet Vermaak Huila was sy vrou gewees en by die tee na kerk was hulle dikwels, jy weet, nog gelukkig getroud, want jy sien Piet het skelm by die hotel gesing Bedags was hy die stadstesourier wat eerlik, nes die bybel sê, in die sweet van sy aangesig, sy brood verdien het Maar snags het Piet sy siel verkoop vir tien rand, ‘n bord kos, sy blou kitaar en die skool se mic, want soos almal, het Piet ook sy prys! Koor: Kom kyk vanaand die show, al my songs is net vir jou, ek weet ek’s net ‘n boepens met ‘n vals kitaar, maar ek sou dit graag vir jou wou sing! Die mense het begin praat en die hotel was aand na aand stampvol met almal van die skoolkoerant tot die burgermeester, maar nie Huila nie Die dominie het begin preek oor die vermaak-generasie en die gevare wat dit vir die gemeente sou inhou Oor al die dinge het Huila net gebloos, die Hoteleienaar geglimlag en Piet het net gesê: “Huila het nog nie kom kyk nie” Een aand uit die bloute terwyl Piet sy blou kitaar speel soos net hy kan, sien hy haar en sy gesig straal. En uit die vuis met sy gunsteling akoorde sing hy vir haar: “Huila, my lam, met my blou kitaar was ek Shakespeare en partymaal selfs McCartney op ‘n goeie aand, maar vanaand het ek jou gesien glimlag, want jy het mos geweet, ek sing vir jou!” Koor (x2) Woorde: Salmon de Jager Musiek: Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za