Klopjag - Die Kind ------------------ Verse: G D C D Bridge: Em C D x2 Die kind is nie dood nie die kind lig sy vuiste teen sy moeder wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsingelde hart Die kind lig sy vuiste teen sy vader in die optog van die generasies wat Afrika skreeu skreeu die geur van geregtigheid en bloed in die strate van sy gewapende trots Die kind is nie dood nie nog by Langa nog by Nyanga nog by Orlando nog by Sharpeville nog by die polisiestasie in Phillipi waar hy lê met 'n koeël deur sy kop Die kind is die skaduwee van die soldate op wag met gewere sarasene en knuppels die kind is teenwoordig op al die vergaderings en wetgewings die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld Sonder 'n pas Woorde: Ingrid Jonker - Versamelde Werke, 1994 Derde hersiene uitgawe - Human & Rousseau Musiek: Dawie de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za