Klopjag - Atlantis ------------------ Oor die dood van Werner se kind G C D regdeur Jou oë versteek die kaarte na geheime, vergete stede die lyne en kleure versteek die roete na Atlantis Jou tong vertel die stories van rock bands op die pad sonder stertjies, sonder glitter, want jy weet beter Koor: Lag vir my want ek wil hierdie sirkus ook verstaan Vertel vir my sodat ek al die oëverblindery kan verklaar Ritme en melodie gee vorm aan my liedjies Maar ek weet te min om die krake in my fondasie te keer Dit pla my dat geloof, hoop en liefde berekende sêgoed word Dit pla my dat my voorhangsel eers kon skeur toe jou oë sluit. Koor Woorde & musiek - Salmon de Jager www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za