Klopjag - Anton Pieter Gouws ---------------------------- Intro: Em Em_dim Outro: Em Em_dim Versie: Em Am Bm Em Koortjie: Em Am Bm Em Modulasie: G C D C Intro: Groot en sterk soos ‘n bees was Anton Pieter Gouws besig om sy rice crispies te eet toe `n rooi kolletjie deur die venster kom en op sy voorkop kom sit sy oogappel het gevra: Pappa, wat is dit? en Anton Pieter Gouws het geweet: toe pop hulle hom Versie: Anton was een van die Bolhuis bra’s. Hy’t vir Mike persoonlik geken en hy was, van die heel begin af daar – Altyd, behalwe op Sondae - op Sondae het Anton nie gewerk nie Versie: en elke booswig wat sy sout werd was het sy kinders bang gemaak met stories van Anton, en gesê: “Pasop, hy kom jou haal! … as jy koekies steel, of geld, of as jy lelik is met jou klein boetie.” Koortjie: OOh. (x4) Versie: En nou sit sy vrou alleen in die dag en sy mis hom vreeslik, want niemand is meer hier om die canfruit bottles oop te maak nie en niemand is meer hier om die kinders in die rondte te swaai nie …al vyf gelyk – hy was ‘n merry-go-round. Versie: En sy broer weet nie meer wat om te doen nie, want Anton het gesê: “Bra, as jy moeilikheid het, sal ek dit uitsort.” Nou hoor hy…. Die rooi kolletjie-ouens soek hom ook en hy eet nie meer rice crispies nie, want hy’s bang die lepel val en die melk Spat! Modulasie: En ek weet verseker: Anton is reguit hemel toe… “Pearly Gates”, soos hy dit genoem het En ek sal jou sê: Die duiwel is baie gelukkig, gelukkiger as wat hy dink, want almal het geweet: Anton Pieter Gouws vat KAK van niemand nie Outro: Maar, jy sien, ek is bang jy verstaan my verkeerd: Hy was nie ‘n Bad-Ass of ‘n Powertripper of enige so-iets nie, Nee! Hy was eintlik een van die laaste ware boerseuns – so reg uit die ou Testament, met ‘n bietjie Michael Jackson. (Michael Jackson uit die ou Testament) Hy was net so bietjie ongelukkig…? Woorde & musiek - John-Henry Opperman www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za