Klopjag - 300ste maal {Weet jy regtig wat jy wil hê?} ----------------------------------------------------- ** Die hele song is in n G tunning op die kitaar: D G D G B D as jy jou kitaar so ingestem het sal jy sien die akoorde wissel maar tussen G C Em en D Ek sal nog `n volledige Tab later vir julle probeer uitwerk. Net `n pret in my kop oor hoe dit moet wees - oor hoe jy moes wees En ek soek vir jou Maar ek soek nog na jou - Waar is jy? Want hierdie prent is te dof en te vaag om te verstaan oor wat ek moes los en waarvoor ek moes gaan en... Sal ek myself ooit verstaan? Ek verloën weer myself vir die 300ste maal, vir die 300ste maal Ek verloor weer teen myself vir die 300ste maal, die 300ste maal Gaan ek nog 300 keer val nog 300 keer betaal nog 300 keer... voor jy my gaan kom haal? Kon jy my vergewe vir elke traan oor ek jou anders gegroet het as toe ons ontmoet het Want nou kyk jy vir my en jy sien deur my of het jy nog altyd, kon jy nog altyd? Want hierdie prent is te dof en te vaag om te verstaan oor wat ek moes los en waarvoor ek moes gaan en Sal ek myself ooit verstaan? Ek verloën weer myself vir die 300ste maal, vir die 300ste maal Ek verloor weer teen myself vir die 300ste maal, die 300ste maal Gaan ek nog 300 keer val nog 300 keer betaal nog 300 keer... voor jy my gaan kom haal? Jammer as ek jou weggedryf het oor diè iets in my wat anders besluit het Hoop daai iets is reg Wens daai iets was weg Ek verloën weer myself vir die 300ste maal, vir die 300ste maal Ek verloor weer teen myself vir die 300ste maal, die 300ste maal Gaan ek nog 300 keer val nog 300 keer betaal nog 300 keer... voor jy my gaan kom haal? Woorde en Musiek : Dawie de Jager Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za