Klopjag - 24 Uur ---------------- Regdeur: B F# E F# E F# Op 'n springkasteel bou ek 'n lugkasteel. Ek wonder hoe dit sal wees - ek wonder hoe jy my lees? Want ek dink alweer, ek dink aan elke keer Ek moet jou vergeet ek weet ek sweer ek probeer ma' ek kannie! 24 uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou! 24 uur en ek wonder by myself ... hoe lank gaan hierdie girl in my kop nog delf? Jy's 'n Lucky Strike (al is dit nou net vir iemand anders) Jy brand korter en korter soos die lont van 'n bom en as jy ontplof byt die hele węreld in jou stof. Jy is elke boek wat nog ooit geskryf was - jy weet mans is van Memel en vrouens is van ... Verkeerdevlei! 24 uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou! 24 uur en ek wonder by myself ... hoe lank gaan hierdie girl in my kop nog delf? Woorde & musiek - John-Henry Opperman www.klopjag.co.za Baie dankie aan Klopjag vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za