Karen Zoid - Engel ------------------ Die hele song deur is D A Asus4 G A Asus4 Ek het vriende wat ek sien Ek is verslaaf aan nikotien Ek hou van karre wat kan ry Ek huil gewoonlik as ek baklei Ek het gedink dat dit sou reën Toe word ek stil en wag alleen Tot jy kom klop het aan my deur Ek het 'n dak bo-oor my kop En in die winter like ek sop Ek raak benoud wanneer jy luister Net soos wanneer mense fluister Ek wonder of jy sal onthou Dat jou woorde aan my klou As jy my insluk sonder om te kou So ek skreeu 'n song vir jou my lief Bly nog 'n rukkie asseblief Want as ek sing dan sing jy saam In 'n droom roep ek jou naam Ek is so dronk soos Koos Kombuis Daar is geen swembad by my huis My sussie bly in Potchefstroom Die mense daar rook almal boom Die vier seisoene in jou traan Hou my vas voordat jy gaan En ek weer alleen hier staan So ek skreeu 'n song vir jou my lief Jy is 'n engel en 'n dief Want as ek sing dan sing jy saam In 'n droom roep ek jou naam Die chords kan op twee maniere gedruk word: As barre chords, of gewone chords D (xx0232) of (557775) A (x02220) of (577655) Asus4 (x02230) of (575755) G (320033) of (355433) Woorde & musiek - Karen Zoid Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za