Gert Vlok Nel - Rivier ---------------------- C#m/5+ Bm/5+ C#m/5+ Laasnag het ek in Pretoria geslaap Bm/5+ C#m/5+ in die verkeerde stad by die verkeerde vrou Bm/5+ wat gemaak het dat ek moet reis C#m/5+ Bm/5+ na jou toe in die Kaap met my hoed in my hand C#m/5+ Bm/5+ deur die mees vreesaanjaende land C#m/5+ Bm/5+ O my liefling, kan jy my hoor daar waar jy slaap A C#m Rivier, o rivier D E Jy's die diepste woord wat ek ken A C#m Op jou kon ek vaar na die see en na haar D E In die hoop om haar hart te wen A Maar woestyn C#m D Was die woord waardeur ek moet reis E A Om haar hart te wen Laasnag het ek in Bloemfontein geslaap Was bly ek kon in een dag so ver kom, Was bly daar is nog blomme wat hikers optel (wou jou bel) Was bly die liefde gaan my nie verby Was bly dis nog net duisend kilometer vanaf jou arms in die Kaap Rivier, o rivier Jy's die diepste woord wat ek ken Op jou kon ek vaar na die see en na haar In die hoop om haar hart te wen Maar woestyn Was die woord waardeur ek moet reis Om haar hart te wen Laasnag het ek in Colesberg geslaap Oorkant daai garage waar die prostitute wat die lorries bring Omdraai en terughike na die Kaap Ek het deur die lang nag sommiges gesien huil Ek het enkeles gehoor sing, miskien oor die mixed feelings Wat om om te draai bring Rivier, o rivier Jy's die diepste woord wat ek ken Op jou kon ek vaar na die see en na haar In die hoop om haar hart te wen Maar woestyn Was die woord waardeur ek moet reis Om haar hart te wen Laasnag het ek in Beaufort-Wes geslaap In die Wagon Wheel Motel Wou jou bel, wou jou vertel Ek is droomloos, vuisvoos, lewensmoeg En het genoeg gehad en wil vir ewig by jou kom slaap En is nog net vyfhonderd kilometer vanaf die Kaap Rivier, o rivier Jy's die diepste woord wat ek ken Op jou kon ek vaar na die see en na haar In die hoop om haar hart te wen Maar woestyn Was die woord waardeur ek moet reis Om haar hart te wen Woorde & musiek - Gert Vlok Nel Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za