Gert Vlok Nel - Beautiful In Beaufort-Wes ----------------------------------------- A En jy was beautiful in Beaufort-Wes En ek was so verskrik, verskriklik lief vir jou E En ek en jy het op grafte en op treine A Ford Fairlai-ai-ne se agterseats gevry En nou is jy en jou man both computer analysts E A En laas winter you tried to cut both of your wrists en nou skryf jy vir my Jy kan nie meer slaap nie Nie meer lag nie E Nie meer iets vir jou sing nie A Nooit ooit weer vir my soen nie En mooi mooi mooi was jou woorde ook Terwyl jy menthol sigarette rook En daai sweet sweet dinge vir my sê Terwyl jy sweet sweet in my arms lê En die presiese woorde het ek presies vergeet Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes En jou kaal liggaam onder 'n koel summer cotton dress Nie meer slaap nie, nie meer lag nie Nie meer iets vir mekaar doen nie Nooit ooit weer vir jou soen nie En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot En in die rear-view mirror jou gesig gekyk En gesê "miskien moet ek gelukkiger lyk" Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie En ek het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf En soos 'n roeiboot in die rivier af dryf En kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie Nie meer iets ooits reg doen nie Nooit ooit weer vir jou soen nie En die laaste herinnering waar oor ek sing Is toe ek en jy die Melktrein aan en aan in die nag in ry To anderkant die ding dong gong Van die breakfast waiter in die gang verby En dit was my wake up call my lief Jy't gesê wees asseblief lief vir my Maar ek het gedroom hoe ons in Beaufort-Wes gaan woon En ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie, Nie meer so iets doen nie Nooit ooit weer vir jou soen nie A Nie meer slaap nie Nie meer lag nie Nie meer so iets doen nie Nooit ooit weer vir jou soen Woorde & musiek - Gert Vlok Nel Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za