David Kramer - Laat Die Honde Huil ---------------------------------- C F Piet Bek is sy bynaam, Piet Plaatjies is hy gedoop G F G C Sy kitaar wat hy op speel is by die laybye shop gekoop C F Piet Bek ry sy bicycle daar langs die Waaihoekpad G F G C Sy vingernaels is vuil en sy hande, hulle’s hard G C As ou Piet so sing, sing hy diep uit sy keel G C En die mense klap, klap, klap as ou Piet so speel F C Dan wil die mense net dans, dans, dans vanaand om die vuur G F G C Laat die honne huil, dis ou Piet se plesier Hy is verlief op Lenie, hy wil haar liefde wen Hy sing haar hartseer liedjies, dis mos al wat Piet Bek ken Die Waaihoek se wind waai weer, staan regop soos hy trap Vanaand as hy vir Lenie sien, dan word daai bene pap As ou Piet so sing, sing hy diep uit sy keel En die mense klap, klap, klap as ou Piet so speel Dan wil die mense net dans, dans, dans vanaand om die vuur Laat die honne huil, dis ou Piet se plesier Hy klop-klop aan venster, en hy klop-klop aan haar deur Sy hare is gekam en sy baard is glad geskeer Piet Bek ken die drukke op die nek van die kitaar Maar die drukke van die liefde, o dit maak hom deurmekaar As ou Piet so sing, sing hy diep uit sy keel En die mense klap, klap, klap as ou Piet so speel Dan wil die mense net dans, dans, dans vanaand om die vuur Laat die honne huil, dis ou Piet se plesier Woorde & musiek - David Kramer Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za