Anneli van Rooyen - Sewe Sakke Sout ----------------------------------- A E A Sannie het gesukkel om 'n "S" te sê E Want Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê A A7 D Maar Sannie het besluit om 'n plan te maak E A E7 En eendag loop sy hierdie lekker rympie raak A Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep E Sonder Sannie sê Sus Sannie sleep swaar A Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep E A Sewe sakke sout sleep swaar sowaar Sannie het geoefen en haar bes probeer En eendag slaan daar werklik nog 'n klankie deur Sy hardloop na haar mammie en dié luister vies Want Sannie druk haar tongetjie nou vas in haar kies Juffrou het geweet wat die beste sou wees Om spraaklesse te neem sou die kwaal genees Gou het sy geleer om soos 'n slang te maak Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehaak Sannie is nou groot het 'n kêrel gekry Sannie het gewoeker met die soenery Die liefde is blind of is dit dalk nie Vir Sannie was die liefde net die regte terapie Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep Sonder Sannie sê Sus Sannie sleep swaar Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout sleep Sewe sakke sout sleep swaar sowaar Sannie is getroud en is in haar skik Drie kinders is gebore uit die huwelik Maar toe die kinders praat was haar hart so seer Want oor en oor moes sy die rympie leer Sarel sê Sarel sal sewe sakke sout sleep Gustav sê Gustav sal sewe sakke sout sleep Stefan sê Stefan sal sewe sakke sout sleep Die hele dag hoor jy ssshhhh Woorde & musiek - Ruben Lennox Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za