Abel Kraamsaal - Mooiste Persoonlikheid --------------------------------------- A E Jou hare is gekrul soos 'n spietkop se bril A E Jy trek 'n gesig as jy vir jouself gril A E Jou maanlandskap gesig is vol zits A E En jou asem ruik soos vrot armpits Koor: D E Maar jy't die mooiste persoonlikheid D E Die mooiste persoonlikheid D E A Die mooiste persoonlikheid in die land Jou lyfie waggel as jy in die straat afstap Jou boude dril met elke trap Jou bene is bak genoeg vir 'n vark Of maybe almal in die ark Jou tande is gepak soos 'n hindernisbaan Nie eens 'n tandarts weet wat daar aangaan Jou skeel oë is die laaste stront Saam met die witgoed in die hoeke van jou mond A D Maar dis nie so erg nie A E Dis net 'n bietjie mal A D Newwermaaind wat die mense sê A D E Jy bly nogsteeds my beste beste pêl ********************************************************************* Dis nogal jammer Abel Kraamsaal se kompetisie was Jan Blohm om die GMT vir beste nuweling te wen, anders sou hy gewen het. Hierdie is 'n lekker song om te speel en is nogal van toepassing op ons samelewing! werner@matlabas.co.za ********************************************************************* Woorde & musiek - Abel Kraamsaal Baie dankie aan Werner Frost vir die bydrae van hierdie tab. Besoek www.geocities.com/kitaarmykruis vir meer Afrikaanse tabs. jaspervanzyl@mailbox.co.za