Deon Viljoen

This page includes work in his home language, Afrikaans

 

Tanka (LXIV)

 

cigarette, after

yet another cigarette

whiles the time between

the boring hours wasted

with anxious senses now dulled

 

Doodeenvoudig

 

Diè skielike stofreëntjie

was net die tydelik,

die salpeter van die knopgat boepensboesmantjie

se stowwerige bruingelaat af.

 

Ongelooflik,

hoe eenvoudig sy bestaan nie is nie!

Sy hele lewe hang

doodeenvoudig,

van rondjol en vanaand se pap, af!

 

Gekokon

 

en sò wag ons maar

vir ‘n wonderwerk,

om te gebeur

 

ons vind dit maar soms moeilik

om ons humeure, te beteuel

hoe maklik,

kan ons nie onse diepe self verveel?

 

die sleutel …

die oplossing …

die ontsnapping…

 

van die daaglikse realiteit

ontwyk ons nog in sy geheel

sònder om ons sombere lewe weg te smyt

 

hoort daar iewers,

in spyt, verlossing

gekokon in …

 

‘n wens

‘n mens

òf word ek net eenvoudig, kens?

 

Haikoe (VXI)

 

grasieus vlieg hy,

by my as gevangene,

hier, voëlvry, verby

 

holderstebolder

 

groteske verbleikte gebeentes

lê in die strafplaas gestrooi

 

na hièrdie stikdonker gruwelkamer,

het jy jouself uitgenooi

 

so haglik, diè gyselaar se sterwensnood

met soveel pyn en lyding, amper ongehoord

 

stapelgek het hièrdie spilsieke mens

sommer holderstebolder, sy lewe weggewens

 

In Sondagklere uitgedos

 

hier in ons land van potjiekos

met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos

hier in ons land met skebengu's en tsotsti's

met affirmative action, word die witman, maar telkens uitgelos

 

hier in ons land van rugby en sokker

met brandewyn en coke, om 'n saai dag op te helder

hier-en-daar waai die vierkleur nog hoog

terwyl swartes maar nogsteeds kort-kort toyi-toyi, en betoog

 

hier in ons land van armoede

en verswakkende rand

speel ou mandela, nogsteeds wanhopig gesant

terwyl die hartseervure van die verlede, nog hoog brand

 

hier in ons land van potjiekos

met phuthu-pap, week-na-week in sondagklere uitgedos

wonder mens maar soms,

het die Here ons dan nou heeltemal, uitgelos?

 

I wish

 

I wish that I could scream…

to rid myself of this numbing dream

lust for life, has now become a muffled

 

a desperate cry for survival

a medieval struggle

now muzzled

 

into a dull

null and void

existence, freed of all that matters

 

tattered, battered being

devoid of all hope

barely living…dying

 

mèt of sonder

 

Halfhartig smeekbedel die straatarm

seuntjie om jou suinige aalmoes

Sy lewe deur die doodsvirus verwoes

 

Sonder ‘n moeder of vader,

moes hy maar geforseerd

ander haweloses vir hulp nader

 

Mèt, of sonder

jou suinigheid kom sy einde

in alle geval, die heeltyd, nader

 

nader

 

hièrdie onnodige getalm,

diè lompe gestrompel,

diè strokiesverhaallewenswyse

met skyngeluksbewyse

 

trek die strop nader

nader en nader

terwyl die duiwelsgevolg

stadig vergader

 

die Christensgrag vernou

en alle hoop verdamp soos môredou

diè skelm reënboogsgelukspad

na die hèl, vernou

 

Puny

 

Coming down with an

uncontrollable fever,

spawned by hatred….

The love, the appreciation, fled

 

Slowly withering away

Where’s the freedom

in this puny existence,

…dead

 

revitalising light

 

Totally invisible to the naked eye the

light vibrates to life’s kinetic rhytmn as it speeds

 

through life’s prism

exploding into a wondrous

array of beautiful colours

 

Magically enhancing

your darkening

existence

 

Forcibly evicting

your eerie thoughts

Revitalising

 

life’s splendour

before the witching

hour

 

Tanka/Senryu (V)

 

So what lies ahead

in my new and uncertain

untouched tommorow?

Will it be so wonderful?

Positive expectation,

 

dingling in front of

eager, wanting soul, newly

nourished and alive!

 

Verdwaal

 

Verdwaal soos eensame sterretjie

in Godsgesternte verswelg

 

deur ‘n swetterjoel stuikelblokkies,

wat wraggies

sommer goedsmoeds …

steelsgewyse jou lewetjie verwoes

 

‘n Swerfling

in ‘n swakgetimmerde

kaartehuisbestaan gedompel waar jy

geforseerd, stoksielalleen, daagliks, ween

 

Waansin

 

Stemloos,

harteloos,

verwerp

ek my vlietende bestaan

 

Doelloos,

leweloos,

volg ek hierdie

vernietigingswaan…

 

Moedeloos,

hulpeloos,

staar God,

diè waansin, aan

 

Home

 

Contact us

Submit your work

 

Hosted by www.Geocities.ws

1