Erasmus
Stamvader: Spekulasie en Teorieë
Inleiding
Die Afrikaansprekende
Erasmussa gespreksgroep het al heelwat oor
die herkoms van stamvader Pieter Erasmus gesels, en daar is nog nie finale
uitsluitsel hieroor nie. Daar is natuurlik heelwat bronne en heelwat
omstandigheidsgetuienis, wat lei tot 'n paar hoofteorieë. Indien jy enige ander
moontlikhede sien, stuur asb. 'n e-pos na
[email protected], dan sluit ek
dit by die webwerf in.Wat Johan Erasmus betref sal ons, tot tyd en wyl ons
meer sekerheid daaroor kry - is daar talle ander teorieë, lewensvatbaar en werd
om ondersoek te word. Alhoewel dit baie frustrerend is om so in die
duister rond te tas, is dit tog ook opwindend om te weet dat die waarheid iewers
lê en wag en dit net 'n kwessie van tyd is voordat ons of ons nasate dit gaan
blootlê. Die goeie nuus is dat heelwat bronne in die Kaapse argief reeds deeglik
gefynkam is en ons ten minste weet dit het niks opgelewer nie. Die slegte nuus
is dat geheimsinnige Pieter ons steeds ontwyk en daar nie meer so baie voor die
handliggende bronne oorbly om na te vors nie.
1. Pieter Erasmus uit Nederland afkomstig
Hansie Brummer se data bevat o.a. 'n Pieter Erasmus en wel soos volg:
Pieter Erasmus
* 1672 Nederland
+ 1714 Kaap, SA
x 1697 Paarl, Kaap, SA
Marie Elisabeth Jooste
* 1676 Middelburg, Nederland
+ Sept 1723 Kaap, SA
Hierdie Pieter Erasmus word ook in Colenbrander se boek "Afkomst der Boeren"
genoem. Wat wel jammer is, is dat die vroeëre boeke se bronne slegs algemeen
aangedui word en mens nie kan bepaal waar die inligting verkry is nie.
Helena Garner sê dat byy
http://worldconnect.rootsweb.com/cgi-bin/igm.cgi?surname=erasmus&given=pieter
word die volgende persone gelys:
Ouers: Pieter Erasmus x Maatje Verheecke
Pieter Erasmus * 1679-7-16, Nieuwvliet, Nederland + voor 1705-6-9, begrawe
te Nieuwvliet x Maatje Poley, Maria Poley
Ouers: Pieter Erasmus x Maatje Poley
Pieter Erasmus * 1700-2-28, Nieuwvliet + 1732-7-9, Cadzand, Nederland x
Marie Livin, Elisabeth de Vos
Hier is nog moontlikhede:
Volgens Theunis Kruger [email protected] <mailto:[email protected]> 25-8-2001
is Pieter Erasmus ongeveer 1670 gebore te Vollenhove, Overijsel, Nederland
en + 1731 in die Kaap. Sy vrou Maria Elizabeth Jooste * ongeveer 1679,
Vollenhove, Overijsel.
Volgens John Hysler [email protected] <mailto:[email protected]>
26-8-2001 is sy * ongeveer 1676 in Middelburg, Nederland en + Sept. 1723,
Kaap, Suid-Afrika. (Records in possession of J.P. Hansie Brummer) Haar van
kon Joost gewees het.
Hierdie 2 persone het nie op onlangse e-pos gereageer nie, en is welkom om
tot die debat toe te tree.
2. Pieter (Den Deen) Erasmus uit Denemarke afkomstig
In die ou Kaapse rekords word daar na Pieter verwys as Pieter den Deen Erasmus. Volgens
Wendy Perry wat met 'n dame by die "Hall of Names" organisasie van 'n klein
dorpie in Australie gesels het, is die van ERASMUS van Duitse of Deense afkoms.
Maar volgens die Deense ERASMUS inligting en wapen skyn dit asof dit eintlik
oorgeneem is deur 'n tak ERASMUS wat later daarheen verhuis het. Daarvolgens
blyk dit dat ERASMUS se oorsprong eintlik Duits is. Die familiewapens van beide lyk
ook identies te wees behalwe dat die Deense wapen geel in het. Johan
Erasmus skryf dat die teorie/standpunt/vermoede dat die Erasmusse oorspronklik
van Duitse herkoms kon wees, is - soos enige van die 1001 ander vermoedens - nie
heeltemal vreemd nie. Hy het 'n paar maande gelede 'n paar soektogte op internet
onderneem en op heelwat Duitse Eramusse afgekom. Hy dink die een ding wat 'n
mens nie uit die oog kan/moet verloor nie, is dat die landkaart van Europa
gedurende die jare 1500 - 1700 baie anders as vandag gelyk het. Die huidige
landsgrense het destyds nog nie bestaan nie en mense het nie met paspoorte
gereis nie. Verder was die grense wat wel bestaan het, vaag, vloeibaar en aan
verandering onderhewig. Die huidige grense van Duitsland sluit bv. dele in wat
destyds nie die geval was nie. Die belangrikste van alles is m.i. dat die
afstand tussen bv. die Nederlande, Duitsland en die Skandinawiese lande redelik
naby en binne trefafstand (trekafstand?) was. As die Erasmusse van die Kaap deur
die Karoo na die Oos-Kaap en uiteindelik tot in Natal, Origstad en Soutpansberg
kon trek, kon hulle dit destyds daar ook gedoen het. Maggie Erasmus skryf
day sy het baie laat een Saterdagnag Rasmus Rasmus
opgesoek op die Internet, en kry toe 'n Rasmus Rasmus moontlik
*1826 in Faringtofta Kristiaanstad, Swede en dit is onbekend met wie hy getroud
was. Sy pa was Pehr Rasmussen X Catharina Ch. Hageltron. Rasmus was hulle tweede
kind. Hulle het ook later 'n seun gehad met die naam Lars. Op die LDS se lys kry
sy toe ook 'n hele lang lys van name van Pehr, Rasmus en ook Lars. Hierdie
Rasmus kon nie Pieter se pa gewees het nie omdat hy eers in 1826 gebore is. Dit
is egter interessant dat die name so naby aanmekaar is.
Soos ons almal weet kon nie alle amptenare goed skryf en spel nie. Dit op sig
self was al klaar 'n probleem. Wat dit nog verder gekompliseer het is die feit
dat dat daar van verskeie lande mense by die Kaap aangedoen het en die arme
amptenaar het maar gespel soos hy goedgedink het. Dus kon Pehr dalk verPieter
het en Rasmus verander het na Erasmus. Die naam Lars laat weer so baie dink aan
Elardus. Die dokument wat Mieka 'n paar jaar gelede vir haar gegee het dui aan
dat Pieter se seun se naam of Laris of Elaris gespel was. Dit het later verander
na Elardus. Dieselfde verandering in spelling kom in die Franse kerkregisters
voor. Eers word Pieter as Pierre Rasmus aangegee en later verander na Pieter
Erasmus.
3. Pieter Erasmus het in die Kaap Grootgeword
Pieter kon moontlik in die Kaap groot geword het. Daar is egter nog nie 'n doop
vir hom opgespoor nie. Sasa dink hy moes gedoop gewees het,
want hy was 'n lidmaat van die kerk. As hy 'n buite-egtelike slavinne-kind was,
is hy waarskynlik net Pieter genoem op die doopregister en dan is dit
moeilik om te weet dis hy. Sy het wel gewonder oor die moontlikheid dat hy as
kind saam met sy pa hierheen gekom het . . . maar dan moet 'n mens sy pa se
aankoms kry en is jy terug by die skeepslyste. Helena Garner vertel vir ons
van ene Pieter Erasmus x Marietje Arends. Hy vertrek April 1693 uit
Nedreland en
doen klaarblyklik op 10 Nov 1694 die Kaap aan. Didi skryf oor hom:
"Agter in die scheepsjournaal is die volgende oor Pieter Erasmus genotuleer.
22/11/1693 dE Comp aan de ondervolgende personen 14083:15:15 soo veel "Pront"
comp bedragen 34. Pieter Erasmus van Amsterdam 44 gaat op Colombo aan land
330:__:__
die woord in aanhaling tekens kan ek nie mooi ontsyfer nie. Maar die feit is dat
hierdie Pieter Erasmus op 22/11/1693 op Colombo aan land
gaan en nie in die Kaap soos ons aanvanklik gedink het nie. Daarom dink ek dat
ons nie verder aandag aan hierdie persoon moet spandeer nie, maar
verder soek."
Helena is egter geneig om nie hierdie persoon buite rekening te laat nie, want
slegs die hoë amptenary is toegelaat om hulle gesinne saam te bring Kaap toe.
Die ander moes eers 'n lewe hier skep voordat hulle hulle gesinne kon laat kom.
Intussen het die jare verbygegaan en is ander verbintenisse aangeknoop.
Naderhand was daar gesinne in meerdere hawens wat nie van mekaar geweet het nie!
Die skeepsjoernaal dui wel aan dat hierdie Pieter Erasmus dood is en dat sy
weduwee Arends ge-erf het. MAAR is hy werklik gedurende 1698 dood of is daar
drade getrek om sy sake in Nederland af te handel? Sy vra maar net?
Sasa Malan skryf dat Lorna Newcombe, ook 'n afstammeling van Pieter
Erasmus, die ou families van voor 1700 baie goed ken. Sy - om nou maar een te
noem - het die ou dope baie goed nagegaan en kon daaruit niks kry wat bewys dat
Pieter of Maria hier gebore is nie. Dit lyk vir Sasa of die ou kerkrekords - en
grootliks ook die opgaafrolle - eintlik uitgeput is en dat ons liewer in 'n
ander rigting moet soek.
4. Pieter Erasmus uit Wansbek naby Hamburg Afkomstig
Ewald Erasmus het hierdie interesante spekulasie per e-pos deurgegee: Die
Wansbek plaas (Robertson Area) Erasmus lyn moet in terme van tyd min of meer na
Pieter Erasmus se kinders of een geslag later dateer. Die
geskiedenis van die plaas is dat dit n veepos was van oorsprong, die hoofplaas
waar die huidige Botrivier vandag is. (Hierdie is alles in die
Suid Kaap.) Die Botrivier plaas was aangeskaf om onder die direkte invloed
van die Engelse bewind weg te kom, die "oorspronklike plaas" was
blykbaar in die "Stellenbosch distrik" van daardie jare - "Pieter Erasmus" se
plaas?.
Wansbek het die hoofplaas geword toe die Engelse se invloeds area Botrivier
begin insluit het. Die Wansbek plaas dateer dus min of meer
terug na WA vd Stell se tyd. (Hy het blykbaar op die plaas geslaap).
Al bogenoemde net om 'n tydorde te gee. Die naam Wansbek is blykbaar afgelei van
die afkoms plek van Pieter Erasmus - Wandsbek, huidiglik 'n
voorstad van Hamburg in Duitsland. Gedurende die tye van Pieter Erasmus se
immigrasie was dit n stad op sy eie. Ook gedurende daardie tye was
Hamburg onder beheer van die Deense bewind. Kan dit die rede wees dat
Pieter ook as "den Deen" bekend was? Effektief is die Erasmusse dus
moontlik Duitsers of selfs van Deense afkoms?
Johan Erasmus voeg by dat hy die Wansbek-hipotese baie interessant vind.
Hy het onlangs 'n bietjie navorsing oor Duitsland en Denemarke van 1600 plus
gedoen, en tot die gevolgtrekking gekom dat die feit dat Denemarke en Duitsland
geografies aanmekaar grens en die grense destyds redelik vloeibaar was beslis in
gedagte gehou moet word.
Spesifieke Bronne
Ek sal later 'n lys van bronne wat reeds in die verband geraadpleeg is hier
probeer weergee. Ek sal natuurlik ook waardeer as julle vir my kan laat weet
watter bronne julle reeds (suksesvol of onsuksesvol) probeer raadpleeg het.