Desiderius Erasmus - Tot Lof van die Dwaasheid

Uit die resensie in Boeke-Beeld van 16 Desember 2002 deur Prof. Johan Snyman, Departement Filosofie, RAU

"Erasmus kom die dwaashede van sy eie tyd by - in die gedaante van die Vrou Dwaasheid, die teenhanger vir Minerva of Vrou Wysheid. Daar is baie dwaasheid in goed wat as wysheid, insig en kennis paradeer. Sommige is maklik om te ontmasker: bygeloof, roem op adelike herkoms, selfliefde, vertroue op menings en indrukke van ander. En dan is daar die sotternye van skoolmeesters, digters, regsgeleerdes, filosowe en, les bes, teoloë en mense in godsdiensampte."

"Hier is Erasmus op sy skerpste. Soos wat almal in die bekende drinklied van die Middeleeuse Carmina Burana suip, van die morsigste kloostersuster tot by die die pous, so het alle geëerde professies ook hulle vrot kolle."

"Waarmee Erasmus dan uiteindelik na vore kom is 'n verdediging van 'n oksimoron - die dwaasheid van eenvoudige en opregte Christelike wysheid. Hier blom die taal- en estetiese gevoelige Renaissance-mens wat Erasmus was. Hy is 'n Christelike Stoisyn. Hy wil hê dat mense hul beperkinge moet besef en die bes moontlike lewe binne hierdie grense, aan hiérdie kant van die graf, leef."

"Dit is dwase se voorreg om die waarheid te praat sonder om aanstoot te gee".


Hierdie groot filosofiese satire is tans beskikbaar vir ongeveer R100 by Incredible Books.

 

1
Hosted by www.Geocities.ws