Hy was nie getroud nie en het meestal bekend gestaan as Larius (opgaaf- en
millitere rolle), behalwe in sy testament waar hy homself Elardus noem. (MOOC
7/1/20 no. 33).
Volgens Mieka Erasmus was hy 'n kreupel man wat nooit getrou het nie; Sasa Malan
merk egter op dat volgens
1/STB 13/25 General Muster rolls 1768-1779 was Larius nog tot 1772, toe hy 65
jaar oud was, op die lys van
burgermaglede, maar by die laaste inskrywing is dit weer dood getrek;
waarskynlik omdat hy toe te sieklik was of oorlede is.
Tot op so 'n hoë ouderdom doen iemand met 'n liggaamlike gebrek seker nie sy
militêre diens nie.
Volgens Mieka het hy het al sy plase aan Johannes (Jan) Jooste nagelaat wat by hom op die plaas gebly het; Sasa gee sy testament besonderhede soos volg weer:
Testament van Elardus Erasmus (seun van Pieter; Larius in DV&P ens.) opgestel
op 20/2/1767; deur hom met 'n kruisie onderteken; hy is burger
van Stellenbosch woonende op de plaats genaamd Groenefontein gelegen aan de
Oostenberg.
Hy bemaak: 25 guldens (Indiese valuta) aan die diakonie armen in 't land van
Waveren. Die res aan sy enigste erfgenaam, Johannes Erasmus, 'n seun van sy
oorlede broer Laurens Erasmus en sy (Johannes se) moeder Martha Pienaar;
Johannes is nog minderjarig, moet hom in sy ouderdom oppas; woon reeds by hom.
Die opstal is deel van die erfenis en hy versoek dat sy leenplaas ook op
Johannes oorgaan.
Hy het dus nie kinders gehad nie.