DIE HEMEL HET NIE 'N NOMMER NIE...

Ek wil my ouma bel. Ek moet eenvoudig met haar praat. Al is dit net vir drie minute. Ek wil weer haar stem hoor. Ek wil hoor hoedat sy vir my s�: "My w�reld jong, is dit jy? Wat maak jy en hoe gaan dit by die werk?"
Maar ek kan nie my ouma bel nie. Want die hemel het nie 'n nommer nie. Nie onder H in die gids nie en ook nie in die geelbladsye nie. Dit is verstommend - in hierdie tegnologiese tyd van knoppies druk en daar is nie 'n lyn hemel toe nie! As ek margarien koop, gly die kode verby die rooi liggie en die prys is op die kasregister, maar om met my ouma in die Hemel te praat, is uit.
Ek is desperaat - en droom ek kom wel deur. "Kan ek asseblief met my ouma praat?" vra ek "Net vir drie minute asseblief?" 'n Sagte stem vra: "By watter afdeling?" Afdeling - "Seker by Hekel en Naaldwerk." Sy was lief om altyd ietsie aanmekaar te sit.
Die stem s�: "Jammer, ons het nie so 'n afdeling nie. Ons is omgewe met die Lig. Ons is omvou met Warmte." O, hulle het dus nie klere nodig nie. "Probeer die Bak-en Brou afdeling." Sy sal sekerlik daar wees, ek het die laaste stukkies beskuit wat sy nog gebak het gevries - net om daarna te kyk. Die stem s�: "Jammer, ons het nie so 'n afdeling nie. Ons leef van die vrug van die Gees." Dan het hulle ook nie 'n behoefte aan kos nie. Ek bly 'n rukkie stil. "Probeer asseblief die Tuin-afdeling." Natuurlik sal sy daar wees. Die roostuin is 'n fees vir die oog en sy het die steggies self ingesit - sy sal daar wees.
Die stem antwoord: "Ons saai en plant nie. Ons besit reeds die Ewige Saad."
Ek is nou desperaat. "Watter afdelings is daar dan?" vra ek. Die stem bly geduldig: "Ons het kore." Kore - nee wat, sy was nie juis 'n sanger nie al was sy so lief vir musiek. "Wat is daar nog?" Die stem is steeds geduldig. "Daar is ook die wat by die voete sit van die Een wat onderrig."
"Sit hulle net?" wil ek nuuskierig weet. "Ek weet darem nie, my ouma het nie juis net gesit nie!"
"Hulle sit en luister na die Stem."
"O? Ja sy sal daar wees!" jubel ek. Ek moes dit tog weet. Sy het altyd geluister. Haar o�, gesig en hele lyf het saamgeluister. "Kan ek asseblief met haar praat" vra ek opgewonde. "Hulle wat luister, word nie onderbreek nie" s� die stem sag. "Maar as jy wil, kan jy saamluister."
Die droom is verby. Maar toe ek weer stiltetyd hou, onthou ek dit weer. En toe ek kniel, bid ek nie. Ek luister. Hy het immers ges� ek kan saamluister. En ek luister. Ek hoor 'n stilte vol vrede. En in die vrede is daar troos. En in die troos is daar arms wat my vashou. Sy vashou voel soos my ouma se lyf. Nee, nog beter - volkome. Dit verdryf die verlange en die pyn.
Ek word bewus van die lyn - direk hemel toe. Die lyn wat daar was van die heel begin af. Nog voordat almal so slim geword het. Die lyn wat nooit onderbreek word nie. Nooit beset sal wees nie. Die lyn is verniet, jy kry ook nie 'n rekening nie. Jy hoef nie eers die nommer te onthou of op te teken nie.
Die lyn is hemel toe en net 'n kniebuiging ver.

--Skrywer onbekend--
Dit is my Ouma.

Maria Magdalena (le Roux) Cowley

14/11/1922-26/02/1997
EK IS NIE ALLEEN NIE...

Die Here is my Vriend en my Vader,
Hy bly altyd by my.
Deur Hom is ek tot alles in staat.

Fil 4:13
"Ek is tot alles in staat, deur Hom wat my die krag gee."

Job 6:13
"Self is ek tot niks in staat nie."


Ek le my vrees aan U voete neer, Heer.
Dankie dat U ook daarvoor 'n antwoord het.
Maak my getrou om my deel te doen,
sodat ek die vrees kan oorwin,
A Child's Prayer

The small child listened quietly as the preacher began to give his last altar call. He watched as no one moved... No one seemed to need a prayer at all.  No one needed forgiveness of their lives of sin. Everyone seemed pleased with the way their lives had been.
The child realized that even though he didn't quite understand, he believed in Jesus, and down the aisle he ran! He fell to his knees and began to pray. As the preacher knelt by his side, he heard the small child say,

"Jesus, I know You know who I am, but in case You've forgotten, my name is Sam. I'm the one who won't play with my friends, just because their good toys to me they won't lend.
I'm the one, Jesus, who always wants their own way, and I won't even listen to what others have to say. And I'm the one that never does my part, even when I know what I'm supposed to do, down deep in my heart.
And I guess, Jesus, I'm the one that never does anything unless it's half-done. And I know You saw what I did the other day... I got awful mad and pushed a little boy out of my way!
But Jesus, I just want You to know, I'm sorry for all the bad things I do, and I want to try to do better, so maybe You can love me and forgive me too.
I want to grow up to be like these people here today, for they must never do anything wrong or I guess you'd be hearing them all say, "Forgive me too, Jesus, and help me to be more like You instead of more like me!"

The preacher stood up, with tears in his eyes, the congregation too had begun to cry. For this small humble child had taught them today, the true meaning of faith and just how they should pray. They knew in their hearts just how satisfied they had become;
When down the aisle this small child did run.


C.S. Jones
Hosted by www.Geocities.ws

1