Beroepkeuse

 

Home
Up
Agtergrond
Skole
Beroepkeuse
Korporatief
Verhoudings
Kursusse
Terugvoering
Private Konsultasie

BEHOEFTE

 Een van kinders se belangrikste behoeftes is om hul ouers teverede te stel. Daar word dikwels van hulle verwag om 'n beroepsrigting te volg waarvoor hulle geen aanleg het nie of nie werklik in belangstel nie.

As 'n kind verstaan hoe hy dink en homself ken en aanvaar, sal hy nie alleen vorentoe 'n goeie selfbeeld hê nie, maar skool meer geniet en dus beter presteer. Deur hul voorkeure en ware persoonlikheid te ontdek, kan hulle toekoms soveel meer inhou.

Laat hulle toe om hul eie keuses volgens voorkeure te maak.

ONTHOU !

Sukses in 'n beroep beteken nie noodwendig geluk nie, maar geluk in 'n beroep maak sukses soveel makliker ...

VAKKEUSES

Om vroeg reeds (Graad 9) 'n voorlopige beroep uit voorkeure te kan bepaal voorkom teleurstelling indien verkeerde vakkeuses gemaak word vir die beroepsvoorkeur. 

En, waar die leerder "glo" dat hy byvoorbeeld nie Wiskunde kan doen nie, verskaf die eduTainment Lewensverrykingskursus nie slegs die boustene in studiemetodes nie maar ook die selfvertroue en selfbeeld om daarin te slaag.

Charl, 'n kranige kroeketspeler van Hoërskool Waterkloof, en 'n minder goeie leerder, was "som-dom", of so het hy geglo. "So what, as ek matriek pluk - dan speel ek nog 'n jaar skoolkrieket," was sy argument. En met wiskunde punte in die lae 30's en 'n gemiddelde wat skaars aan 40 % geraak het, was dit sekerlik sy voorland.

Charl het matriek met 'n onderskeiding in Wiskunde geslaag, nádat hy aan die begin van Graad 12 die eduTainment Lewensverrykingskursus bygewoon het.

"Dis nou moontlik om die beroep te volg wat ek geglo het buite bereik was oor die wiskunde!"

Kontak ons per E-pos of vul die kort Terugvoervraelys in

Terug na Hoofblad TEL 012 345 4388   TEKEN Gasteboek SEL 082 4161596

This site is designed and maintained by Pyramid Voices ©2003[Gareth H Broeksma]  Electronic Mail

 

 
Hosted by www.Geocities.ws

1