
=====================
01 VRAE EN OPMERKINGE
=====================

1. Blomme.
> Soek jy 'n spesiefieke kleur of soort? Ek gaan maandag naar Hannetjie 
> en sy wil graag weet watter kleure ons wil gebruik. Ek weet al watter 
> soort boeket ek wil h vir myself, maar ons het nog nie nagedink oor 
> die kleure in die kerk en die fees. Ek hou elk geval van wil en ek 
> weet jy wil graag varkore. Wil jy rose h of ander tiepe blomme? 

Ek het werklik geen voorkeur by blomme nie.  Ek het vir jou geseg ek verkies as dit nie krismisrose is nie, maar enige iets is werklik oukei.  Ek hou van wit en groen en 'n bietjie pienkerigheid daarby saam.  Blou blomme is ook mooi, maar jy gaan sukkel om dit te kry.  Jou boeket kan wees soos jy dit wil, en as dit nie te duur is nie kan jy 'n afgeskaalde weergawe vir my maak ('n kleiner weergawe, maar hou maar die koste dop... andersins kan ek bloot 'n roos by my he).  Die man het gewoonlik nie 'n boeket nie, maar wie seg dit moet so wees... ek hou mos van blomme!  Anders kan dit 'n boeket wees met takke (nie te groot nie, seblief).  Takke en 'n blom of twee, of ek weet nie... maar kleiner as joune... joune moet die main show wees.  Vir die kerk:  Sommige mense het net een rangskikking voor in die kerk, en sommige mense probeer plante oralster he.  Om die plante daar te sit is 'n klomp onnodige werk, en na die tyd moet dit weer verwyder word... so ek stem vir een of twee rangskikkings in die kerk.  Daar kan twee of drie kleintjies by die resepsie wees, of as daar tafels is kan daar op elke tafel 'n klein rangskikking wees, maar hou tog die koste dop!

2. Tema
> Denk jy dat dit 'n oulike idee is om die kerk en die feesplek volgens 
> 'n bepaalde soort tema te versier? Ons sou kan denk aan 'n bepaalde 
> kleur of self iets soos 'n strand of  poesie of so iets.
> Het jy 'n voorkeur? Of oorval ek jou nou met die vra?

Ek het nog nie aan 'n tema gedink nie.  Persoonlik hou ek nie van 'n tema nie, want dan lyk dit soos 'n sirkus (moet my nie verkeerd verstaan nie -- ek verwys nou na sommige soorte temas wat ek dink nie gepas is vir 'n troue nie, bv 'n movie-tema of 'n rock-en-roll-tema).  Maak dit 'n nederlandse tema!  Dasy!  En sit afrikaanse elemente daarby saam.  Sit eg nederlandse en eg afrikaanse artefakte oralster rond, dan kan die twee soorte gaste van die twee lande dit aangaap en agterkom watse verbastering hulle hier witness.  Wat dink jy van my idee?  Jy kan self die twee kombineer met 'n derde tema, die van hippie of so.

Ons kan 'n programmetjie (goedkoop pamfletjie) laat druk met die program op, plus allerlei oor die dekor, plus 'n aantal snaaksighede oor elke kultuur, vir albei partye se vermaak.

3. Resepsie
> Ek sal met my ma gaan sit en haar vertel hoe die Afrikaners dit
> gewoont is om te doen. Dis voor ons baie vreemd om so versigtig te 
> moet wees, maar ek is seker ons sal iets kan uitdink wat voor beide 
> partye okee is. As daar nog vrae is laat ek dit weet.

Dis nie nodig om tydens die resepsie oorversigtig te wees nie... as 'n mens vooraf versigtig is en redelik sekermaak dan kan jy ONTSPAN by die resepsie en nie worrie oor enige iets wat jy dalk mag seg nie... onthou, daar gaan 'n klomp neerlanders ook wees wat ook kan aanstoot neem oor dit of dat, en dan gaan ons daarby saam nog afwyk van 'n hele paar norme!

4. Musiek
> Met 'n musiekbediener het ek bedoel iemand die verantwoordelik is 
> voor die musiek op ons fees. Hy/sy bepaal watter musiek gedraai gaan 
> word. Normaal sou 'n band dit doen, maar ons gaan nog die geld nog 
> die spasie het om dit te doen. Is daar iemand wat jy ken wat hou van 
> musiek versorg?

Jy bedoel 'n deejay.  Ek ken nie 'n deejay nie, hoor.  Ek weet sowaar van niemand nie.  Dis natuurlik vir die dans en sulke frivoliteite, ne?  Ek is nie seker wat jy beplan nie, so jy moet dalk maar probeer kyk of jy iemand kan kry wat jy weet lekker musiek draai, asook musiek wat ons almal van hou (wel, nie tergelykertyd nie!).

5. Orrelis
> Ek gaan vir Andries skakel om tehoor of hy belang stel om  op ons 
> troue te speel Jy hoor van my of hy ja s en watter koste daaraan 
> verbind is.

Perfek.  Anders, kyk of Anthony of Ronel beskikbaar is.

6. Fotograaf
> Ek het donderdag 1 junie 'n afspraak met Kobus, de broer van Marlena. 
> Ons gaan kyk na die verskillende moontlikhede en pryse. Hy gaan vir 
> jou 'n digitale presentasie pos sodat jy darem ook kan sien of jy van 
> sy foto's hou. Ek sal vir jou laat weet wat hy vra.

Dankie, dis goed so.

7. Getuies
> Volgens jou pa mag ons in totaal net twee getuies het. Daar is nie 
> meer spasie in die register nie. Dis jammer want ek sou graag vir my 
> pa en my ma gevra het. Ek sal probeer uitvind of daar nie tog 'n 
> manier is om meer getuies te gebruik.

Vind uit of dit moontlik  is.  Watse register is dit... is dit 'n ampelike ding wat deur die staat uitgegee word of wat?  Andersins kan ons soos met die verlowing 'n aparte dokument opstel wat in triplikaat gemaak word en ook so geteken word, waar daar al die direkte familie moet teken (Arjan en Mike kan later teken, hulle hoef nie in die kerk self te teken nie).  Dan kan ons dit laat raam (of hulle kan) en dan is dit 'n reminder van wat ons mekaar beloof het.  Ek sal probeer dink aan die formaat van so'n dokument.  Andersins kan ons net elk van ons Ma's die amptelike register teken en dan teken almal (ook in die kerk, by die seremonie) die ander fensie ding (want ek dink nie daardie deel se formaat is vasgeleg nie).

8. Getuies (2)
> Jou pa mag nie 'n getuie wees nie, maar dis nie 'n probleem omdat
> hyklaar as getuie funksioneer vir de municipaliteit.

Dis soos ek dit verstaan het.  Dit maak nie saak vir my nie, hy teken mos namens die regering.  Ek dog jy weet dit :)))))) ai ai nou kom ek so stadigaan agter wat die dinge is wat ons nog nie van mekaar weet nie, ne?  Maar ek geniet dit om saam met jou uit te vind dit wat jy uitvind.

9. Vleispryse
> Die prys van die vleis ( 1 wors, 2 tjoppies, 1 sausatie) is ongeveer
> R15.00 pp

Oukei... ons hou dit ingedagte.  Die sosatie gaan 'n hoenderding wees, ne?  Daar kan ook helfte vis wees.  Of dalk kan jy vis en hoender meng op die sosatie.  Gebruik 'n dun wors.  Wat is lekkerder / goedkoper / beter / makliker... vark of bees of skaap of lam?

10. Gastelyste
> Wil jy vir my kyk naar die drie lyste vir troukaarte, resepsie en
> fees lys vir gaste. Ek soek dit i.v.m.kwotasies vir die ete en
> drinke. Ek sal dit waardeer my liefie as jy kans sien om dit te doen
> en as jy verveeld is soek ek ook die adresse en telefoon nommers, as
> jy dit het, van al jou vriende. Vergeet die familie, ek sal dit by
> jou ouers kan kry.

Oukei... dis dan my huiswerk.  Kan jy jou lys vir my gee?  Ek sal graag wil sien wie dit is wat jy daar het (behalwe as dit te lank gaan vat).



=============================
02 KOSTE BEREKENING EN BUTGET
=============================

KERK
> DEPOSITO  R 500.00
> HUUR R 500.00
> KOSTER R 100.00

Jy moet die dominee ook betaal, hoor.

TROUROK
> R 850.00

TROUPAK

Ek sal kyk of ek iets spesiaals wil koop.  Dink jy ek moet byvoorbaat so ongeveer R350 of R500 opsy sit in die begroting vir 'n pak, maar dan koop ek dit net nie onmiddellik nie sodat indien ons sien dit gaan te duur wees dan drop ons dit net.  Ek het darem mos my wit pak, hoor... hy is so cream witterig, 'n dubbelborspak, en by swart skoene (as ek fensie 1920's skoene kan kry sal dit nice wees, of ek moet my bestaande swart skoene net 'n gespe voor kry).  Ek kan 'n swart hemp kry om by dit te pas... ek sal perbeer kyk vir 1920's maar ook met 'n hippiegeit in.  Dalk moet ek 'n aliceband of 'n kopband dra, mooi wit of mooi effekleurig sodat dit by my pas en nie gimmickrig lyk nie.

RINGE

Ek stem vir silverringe, plein met 'n effense patroontjie, maar ons kan hier in Jansberg mos rondsoek by juweliers en veral kunstenaars (want hulle sal access he tot rou silver om regtig mooi ringe te maak).  Hoeveul kos die ringe?  Ons s'n het R50 elk gekos, maar dalk moet ons begroot vir so R200 elk.  Ons stem mos saam... die ringe moet ons 'n appel en 'n ei kos... ons het mos vir mekaar... of verstaan ek jou verkeerd... wil jy eerder 'n R1000 se ring he?

BLOMME

Vind uit

ORRELIS

Vind uit

FOTOGRAAF

Vind uit

VLEIS
> R 15.00 PP

DRINKE

Ons sal moet versigtig wees met die drank.  Drank is duur.  Vind uit wat jy wil he, sjampanje dalk ('n goedkoop soort... mense kan tog nie onderskei nie, wel, nie ek nie in elkgeval).  Daar kan 'n verskeidenheid wees, maar kyk net hoeveel kos EEN bottel archers... al klaar R50 en dan hoeveel mense drink daarvan!  Gewone wyn (rooi en wit) sal die beste wees, dink ek.  Tensy julle mense ander idees het.

BROOD

Soek rond vir fensie soorte brood.  'n Mens kry verskillende soorte brood wat by braaie gebruik kan word.  Jy kan ook 'n aantal knoffelbrode he, wat gebraai word of in die oond berei word.  Daar moet by die resepsie ook brode met botter wees, so hier't jy 'n dubbeluitgawe, maar die resepsie se brood is bloot bolletjies of kaasbolletjies of uiebrood wat 'n mens 'n bolletjie van afbreek.

SALADES

Jy sal die beste weet.  Eenvoudige salades, hoor.  Niks fensie nie... of jy kan dalk een of twee bakke eksotiese goete he!

TAFELS EN STOELE

Waar gaan ons dit huur?  En weet julle hoe dit gaan inpas by julle huis?  Onthou dat mense wat by die resepsie is maar gerus meer soos sardientjies ingeryg kan wees, want hulle gaan tog nie so baie sit en vreet nie, en as daar die braai is kan 'n mens 'n paar komberse op die gras ook sit vir mense om op te sit.

GLASE

Dit moet gehuur word... weet nie waar nie.

BESTEK

Jy meen nou eetgerei?  Ook gehuur word, want netnou raak van dit weg.  Ek dink dat 'n mens vir die resepsie sal moet koppies en pierings en teelepels en 'n paar messe moet huur, maar vir die braai sal jy meer moet he... messe en vurke ook.  As daar roomys bedien gaan word sal jy eetlepels moet he, of as daar PAP gaan wees kan lepels ook gebruik word, jy weet.  Borde (ek weet nie hoe voel julle oor papierborde (met mandjieborde daaronder) vir die braai nie), maar vir die resepsie sal daar kleinbordjies moet wees vir hul eetgoed.

TROUKAARTE

Hel, dit kan afgerol word... as 'n mens net die mooi papier het.  Die print run is waarskynlik te klein vir 'n risoproses, so jy gaan betaal vir 'n fotokopieproses.  Vir 200 gaan jy hier by die R250 tot R350 betaal, maar vra gerus rond.  Vra my ma sy moet jou vertel van Suksesdrukkers, maar hulle vat soms lank, so jy sal dit goed moet ingee lank lank voor jy dit nodig het.  Vra vir hulle vir kwotasies, maar kom ons maak eers seker wat presies ons ingedagte het, dan kan ons hulle presies seg wat ons soek en dan vra wat dit sal kos.

POSSEELS

En die koeverte, of sluit jy dit by "troukaarte" in?  En by die troukaarte kom die introductory pamflet ook, ne.  In Suid-Afrika kos dit R1,30 per brief vir pos.

KAPPER

Jy kan na die haarkapper toe gaan... ek weet nie of ek sal gaan nie... ek sal mos sommer net 'n kam deur my kare trek en dis dit... of sou jy wou he ek moet fensie opdres in daardie sin?

MAKE-UP

Weereens is dit net jy wat makeup sal dra.

BRUILOFSKOEK

Gaan ons vir ouma vra om 'n klein koek te maak, 'n vrugtekoek?  Vind uit hoeveel kos dit om 'n klein vrugtekoek te maak.  En vind uit hoeveel dit ouma sal kos om dit te versier.  Vra eers vir ouma of sy nog die krag het om dit te doen... dalk is haar hande nie meer so steady nie.  Dis nie belangrik om 'n versierde koek te he nie.  Ek sien uit na die wortelkoek... gaan dit een enorme koek wees of gaan daar 'n hoofkoek met subkoeke wees of gaan daar bloot 'n aantal koeke wees?  Wie gaan dit maak?

GESKENKE VIR OUERS

Hoe duur wil jy gaan?  Dis nou iets waaraan ek glad nie gedink het nie.  Ek weet nie of 'n mens vir die ouers geskenke moet gee nie... ek ken nie hierdie tradisie nie.  Vra my ma wat hulle gedoen het.  Ek dink die nieamptelike trousertifikaat wat al die gesinslede teken (net die bloedfamilie) wat ons kan laat raam is 'n oulike geskenk vir hulle... beide omdat dit hulle gerusstel en omdat dit hulle aan ons laat herinner.  Ons kan ekstra fotos laat neem (voor of tydens die troue) en dit by die ding inwerk en dan laat raak (of self raam, dit sal baie baie baie goedkoper wees).  Hulle kan maar weet wat hul geskenk sal wees, voor die tyd.

GESKENKE VIR GASTE

My ma'le het sulke snaakse hartjiedosies gehad waarin hulle 'n kaartjie en 'n stukkie van die troukoek gesit het.  Dalk het sy dit nog, dan kan sy jou dit wys.  Ek dink nie dis crucial om vir gaste geskenke te gee nie.  Hoeveel gaan dit kos om kerse vir mense te gee?  So'n kers kos R10 op die minste!  Nee, geskenke vir gaste gaan baie duur wees.  Dit moet iets wees wat oulik is en blywend is en nietemin nie direk spesifiek aan ons troue herinner nie... daardie erdepotte wat jou pa'le gekry het op die boottroue is baie baie oulik, maar dit sal baie duur wees.  Dalk kan ons kersstaanders vir goedkoop kry (custom made by 'n kunstenaar of iets, maar dit moet beide eenvoudig wees en duursaam, en nie baie kos nie).  Vind uit oor sulke dinge.  Maar hou jou opsies oop... ons kan hier in Jansberg ook rondsoek na die geskikte goedkoop trougeskenk.  Gaan ons die geskenke gee net aan mense wat na die party kom of na mense wat na die resepsie toe ook kom?  Lg. gaan ons bankrot maak, maar eg. sal dalk nog kan werk, teen R10 per mens.

GESKENKE VIR DIE MENSE WAT HELP

'n Bottel wyn.  Nie iets duurs nie, maar as julle weet wat lekker is dan kan dit werk.  Nie almal drink nie, maar wyn is nietemin 'n mooi en neutrale geskenk.  Ek praat nou nie van die strooimense nie, ek praat van die buite mense, soos die fotograaf, die orrelis, die videopersoon, die deejay en die dominee.  Net as jy dink dis rerig rerig nodig... al hierdie geskenke laat ons kostes opskiet... die kos gaan ons kleinste uitgawe wees as dit so aangaan!

RESEPSIE, meisie... daar moet koffie, tee en koekies wees, en koeksusters en allerlei sulke dinge wat 'n mens mos maar by so'n ding kry.  Is daar nie mense in julle gemeinte wat dit kan doen nie?  Om dit by 'n plek te koop gaan baie duur wees -- jy sal dalk goedkoper uitwerk as jy mense in die gemeente vra... maar onthou net dat die mense wie jy vra nie genooi is na die troue nie... so ek weet nie hoe jy dit gaan stel nie... dalk sal lillian jou kan help, sy behoort te weet hoe werk die koppe van afrikaanse vroue.  Karen se ma kan ook bak, hoor, en haar sussie Annemarie is baie goed.  Elfreda se sussie Annamarie het ook koskuns geswot en kan ook help.  Die tee kan bergtee wees (kyk of ons van oom Quentin se bergtee kan kry) en rooitee en gewone tee, en die koffie kan ricoffy wees en douwe egberts (maar ek weet nie waar jy dit gaan kry nie... jy kan vir jou nederlandse pelle vra om saam te bring!!! as dit goeie maniere is om dit te doen).  By die resepsie moet daar ook koeldrank (of vrugtesap, aanmaakvrugtesap ook dalk) wees en water in bekers op die tafels vir mense om te drink terwyl die speeches gemaak word.  Intussen sal 'n vliegdoek oor die koffie en koekiegoeters gehou word... of dalk nie.

VIDEOPERSOON, het jy al daaraan gedink?  Dalk sommer 'n gesinslid?  Dalk moet ons vir John gou wys hoe werk die ding, en dan tevrede wees met die outcome as dit sleg is... Ons kan vir John 'n paar naweke neem na 'n verskeidenheid binneshuise en buitenshuise lokasies en hom laat opneem sodat hy gewoond kan raak aan die masjien, en ook na die tyd kan sien hoe die opnames lyk wat hy maak, sodat hy uit sy foute kan leer.  Wat dink jy?  Wil jy eentlik 'n fensie persoon he wat die video maak?



==============
03 DAGINDELING
==============

KAPPER
MAKE-UP

KERK
RESEPSIE

MIDDAGETE
FOTO'S

FEES

Ek is tevrede met die indeling, maar dalk moet jy ander dinge ook insluit, soos byvoorbeeld wanneer Mike waar moet wees, hoe laat die fotograaf waar moet wees, hoe laat jou ma'le moet begint regmaak vir die aandding, en die oggendding, ens, sodat niks laat is nie.

Kom ek perbeer kyk...

KERK = 09:45 (gaste kan begin kom) vir 10:15 (gaste daar... daar kan 'n voorafsang wees van 10:15 af, drie of vier liedjies) vir 10:30 (die ding begin)

RESEPSIE = 11:30 of 12:00 afhangende van hoe laat die diens ophou.  Jou ma sal die plek al gereed moet he voor sy kerk toe kom, want die mense gaan direk van die kerk af na die resepsie, en sommige mense sal sommer direk ry.  Ons kan aandui dat die resepsie om 12:00 amptelik begin, so mense moet dalk moet ons dit maak 11:45 vir 12:00.  Om 12:15 begint die speeches en dinge.  Ons kan daar bly tot 13:30 (as daar dan nog gaste agterbly dan moet hulle maar weggaan so 13:45 se kant).  Dalk moet ons die tye so aandui:  resepsie is 11:45 vir 12:00 tot 13:30 vir 13:45.  Mense is gewoond om te wag by so'n ding, so dit sal fyn wees as ons dit dan beplan om die speeches en dinge 12:15 te laat begin.  Daar sal seker 'n foto of twee in die kerk gehou wil word ook, so ons kom later aan as die res van die mense.

MIDDAGETE... ons gaan nie vir die wat ver gery het 'n middagete aanbied nie, ne?  Selfs nie eens die mense wat ver gery het nie.  Ek is seker dat van die familie van my wat ver gaan kom welwel in ons huis sal oornag, so hulle sal seker soontoe kom vir 'n middagslapie.  Ek weet nie wat gaan jou mense doen nie (hotelle of b&b's of dalk by jou huis of waar ook al... ek weet nie).  Ek en jy kan die foto's direk na die resepsie doen, en dan kan ons daarna 'n ete iewerster geniet (selfs by jou ma se huis, sal nie saak maak nie, of by arjan se huis, want teen daai tyd sal die mense mos al weggegaan het (na die fotos).  Ek neem aan dat net nederlanders by arjan sal bly, so dit behoort nie 'n perbleem te wees om vir hulle te seg om ons uit te los nie (die nederlanders neem nie aanstoot as jy seg jy is moeg nie, ne?).

so...

FOTO's = 13:45 vir 14:00 tot 14:30 vir 14:45.  Gaan ons na die een of ander tuin toe om daar foto's te laat neem of wat?  Dalk moet jy uitvind of 'n park of 'n ding geboek moet word.  Dalk kan die foto's sommer daar in jou ma se tuin gedoen word (sommige daarvan, in elkgeval).  Die fotograaf kan saam met ons en Mike ry na die whatever destinasie waar ons die foto's gaan neem, of as dit in sy ateljee gaan geskied dan kan 'n mens mos maar soontoe ry ook.  Ek weet nie wat jy presies dink oor foto's nie.  Gesels met my ma oor wat hulle alles gedoen het.

ONS MIDDAGETE = 15:15 vir 15:30, net 'n snoepery en so iets, dalk spur of iets (ons kan dan gewoon al aantrek, maar as jy wil he ons moet ons trouklere aanhe vir die party kan ons dit later weer aantrek... ons kan selfs by die party na die speeches en so aan weer verklee, indien so verkies.

DIE PARTY = 18:00 vir 18:30, dan die speeches en dinge, dan die braaiery, dan die dansery, of hoe jy ookal wil.  Mense moet kan weet dat hulle welkom is om net vir die speeches op te daag en dan te waai (veral mense wat ver ry en die aand al wil ry).

KAPPER en MAKE-UP... as jy wil he ek moet by wees (dis tradisioneel nie so nie, maar ons glo mos nie dis slegte luck as ek jou voor die tyd sien nie, ne) dan kan dit so wees... dan kan die make-up persoon net  vir my so'n effens optouch (as dit nie veel geld kos nie), maar dit sal m.a.w. vroegerig moet geskied.  Ek weet nie wie jy gaan he as kapper nie, en of jy die hare die vorige dag gaan doen en dan bloot iemand gaan he om jou kroontjie op te sit die saterdagoggend nie, of wat nie, maar ek dink haarkappers maak saterdag ten vroegste 09:00 oop.  Vind uit sodat jy jou nie vasloop nie.

Sodra die tyd naderkom en ons weet wat is wat m.b.t. die tye, kan ons vir die verskillende ampte begin roosters uitwerk van wanneer hulle wat moet doen (Mike, Sieg, ens).




==================================
04 INDELING VAN FAMILIE EN VRIENDE
==================================

PA SAMUEL = PREDIKANT
MA LOGY = GETUIE
MIKE = KAR BESTUURDER en BROER TOESPRAAK
GRETA =
JOHN = ? VIDEOMAN

PA JOHN = GETUIE en GEE MY AAN JOU IN DIE KERK
MA HEITA = TROUROK, GASVROU VIR FEES EN RESEPSIE
ARJAN = STROOIJONKER, BROER TOESPRAAK, WARE SEREMONIEMEESTER

SIEGFRIED = SKYN SEREMONIEMEESTER
KARIN = STROOIMEISIE

My ouma is 'n gewone gas.  Dalk moet ek aan Gretha ook 'n geleentheid gee om ietsie te seg, amper soos vir Mike.  As John die videoman gaan wees dan kan Gretha die ringinbringer wees.

Wat maak die strooijonker en -meisie?  Hulle staan maar net rond en lyk mooi, ne?  Hulle name kom ook op die trouding by die credits, maar dis omtrent al.



====================
05 TROUKAARTJIES LYS
====================

1. NEDERLAND

1.1 MY MA SE KANT

1.1.1 MY OOMS EN TANNIES

FRANS EN BETS DIEPGROND
JAAP EN INA MORE
HENK EN CORRY ROODENBURG
JAAP EN ELLY ROODENBURG
OMA ROODENBURG

1.1.2 MY NEEFIES EN NIGGIES

REMCO EN ? 
FRED EN?

1.2 MY PA SE KANT

1.2.1 MY OOMS EN TANNIES

LAUW EN RIE DE JONG
GERT EN NEELTJE SMIT
WIM EN JENNY SMIT
GERARD EN KLAASKE SMIT
ATY SMIT

1.2.2 MY NEEFIES EN NIGGIES

KARIN SMIT
ANNE-MIEKE SMIT
ARD SMIT
LEO SMIT
INGE SMIT
TAMARA EN ? 
MARC EN MIEKE SMIT
JOSE EN EDWIN RIEKWEL
DIANA EN EDWIN
LAURENS EN HENNY 

1.3 JONG EN MINDER JONG VRIENDE

LEANDRA
PA EN MA OVERBEEK
ELINE
MAAIKE RIJPSTRA
HANS EN ELS VAN BELLE
FRANS EN TRUDIE
WIM EN HEIDEI DROST
ERWIN EN FIEKE
PA EN MA DROST
NORBERT EN ?
ISTVAN EN ARANKA MESO
CAROLIEN EN ?
WIM EN MIRANDA KEMP
MAR EN ANNEMARIE UYTENBOGAARD
HANS EN HETTY OVERBEEK			
ARNE OVERBEEK
GERCO EN CYNTHIA OVERBEEK
REINIER EN MIRELLA OVERBEEK
RENSKE EN MICHEL OVERBEEK


2. AFRIKA

2.1 MY FAMIELJE

JOHN EN HEITA
ARJAN

2.2 JOU FAMIELJE
 
SAMUEL EN LOGY MURRAY
GRATE EN SKALK MURRAY
MIKE MURRAY
JOHN MURRAY

2.2.1 PA SE KANT

CHRISTO EN MARIETJIE MURRAY (ek weet nie watter van hulle kinders sal aparte kaartjies moet ontvang nie, vind maar uit... daar is 'n jong dogter en twee ou seuns)
PIETER EN SY VROU MURRAY (hulle het geen kinders wat ons enige kontak mee het nie)
OUPA MURRAY (ek dink nie hy sal die reis oorleef nie, vra maar vir my pa wat hy dink... dalk moet ons vir hom 'n spesiale brief skryf waarin ons allerlei vir hom vertel van wat ons doen en wie ons is en wat ons aan mekaar belowe en wat ons toekomsplanne is en hoe wonderlik en konservatief dit gaan wees -- hy sal dit waardeer, dalk kan iemand dit stuksgewys aan hom voorlees, as hy lus voel daarvoor elke keer).
ISAK EN JOHANNA MURRAY (vind uit, daar is twee dogters, hulle sal aparte kaartjies moet kry)
EUNICE EN QUENTIN NORTJE en hul twee kinders

2.2.2 MA SE KANT

OUMA SMUTS
MICHAEL EN YVONNE SMUTS (vind uit oor hulle kinders... daar is 'n meisie wat getroud en kinders het, en twee seuns wat elk getroud (?) en kinders het, en die kinders sal dus al drie aparte uitnodigings moet kry)
ANDRE EN ELIZE SMUTS (en hulle het 'n hele lot kinders... diegene wat nie meer in die huis is nie moet elk 'n aparte uitnodiging kry)
IEMAND UITGELAAT???

2.3 VRIENDE

SIEGFRIED EN ELFRIEDA LOUW
KARIN LOUW
HENRIEN EN CRISTO
HEKSIE EN MAN

RIKA EN RIAAN
1835 MENSE
LILIAN
PIETER EN IRENE

(ek neem aan "vriende" is diegene wat fees toe genooi word, en "kennisse is diegene wat nie fees toe genooi word nie)... dan sal ons dit moet trim hou.

2.4 KENNISSE

DANIEL KOTZE
STEFAN EN RONEL BOTES
TINKERBELL
HOBY
LOUISE EN ETTIENE SMIT
MARITA KITCHING EN VRIEND
CHRISTO COETZEE EN VRIENDIN
MILTON WEBER EN VRIEND
RENE LEEUWNER
JUDY BESTER
SONJA PATERSON
LUCY (my eks, maar ek twyfel of sy sal kom, ons het geen kontak meer nie)
CARLA GTSE
VIV EN MARGIE POTGIETER
MELISSA EN BERNARD LUBBE
MARISKA LUBBE

NICO
PETER EN VERONICA
HANNES EN HENNY
GEERIT EN HANNETJIE + KINDERS
PA EN MA VAN GENT
JOHNA EN LOTTIE + KINDERS
MADELEIN EN GERHARD
JULIET EN LUKE

3. KENNISSE VAN MY VAN OORSEE EN VAN VER VIR WIE EK WIL EER MET 'N UITNODIGING, MAAR WIE EK TWYFEL SAL OOR KOM

GENEVIEVE ST-YVES
CORINNE ALLEN
MARY LAING
JAMES MCINNES
KOBUS PRETORIUS
GLENNEIS ERASMUS
DIONIA MAARTINS
MICHELLE (christo se ex)
AMANDA CLOETE
ALEXANDER FINLAYSON
ALEX FLESCH
BERND EN CARMEN SCHICK
DAMON EN RAEWYN PLIMMER
DAPHNE BENISTON

LARA MALAN (maar ek weet nie wat is haar adres nie, so ek sit haar sommer vir die jammerte op die lys)

Marion, dis die gebruik dat as 'n mens mense van ver af uitnooi, dat jy outomaties cater vir hulle kinders ook (indien die kinders nog met hulle woon).  Neem dit dus in ag met die getalle vir kos en so meer.  Gewoonlik word die metgesel ook genooi indien dit 'n nabywonende persoon is, en as hulle kinders het word die kinders ook genooi, maar wat ons kan doen as daar te veel mense is is om slegs die mense wat ons ken te nooi, en nie hul metgeselle as ons hulle nie persoonlik ken nie, al is hulle nou ookal getroud, en ook nie die kinders te nooi indien ons die paartjie uitnooi nie.  Wat dink jy?



=========================
06 GASTE VIR DIE RESEPSIE
=========================



=========================
07 GASTE VIR DIE AANDFEES
=========================

LEANDRA					
ELINE						
MAR EN ANNEMARIE UYTENBOGAARD
ARNE OVERBEEK +?
RENSKE EN MICHEL OVERBEEK
PA EN MA OVERBEEK

JOHN EN HEITA
ARJAN

SAMUEL EN LOGY MURRAY
GRATE EN SKALK MURRAY
MIKE MURRAY
JOHN MURRAY
OUMA MURRAY

SIEGFRIED EN ELFRIEDA LOUW
KARIN LOUW
HENRIEN EN CRISTO
HEKSIE EN MAN

RIKA EN RIAAN
LILIAN
PIETER EN IRENE

GERRIT EN HANNETJIE + KINDERS
PA EN MA VAN GENT
JOHAN EN LOTTIE + KINDERS
(MADELEIN EN GERHARD)
(JULIET EN LUKE)

Ek het geen verdere kommentaar nie.  As dit blyk of daar baie van die mense van jou kant af kom (Afrika-mense, meen ek) dan kan ek seker een of twee ekstra van my vriende byvoeg... ek sou Marita en Louise (en haar man) en Christo (en sy meisie) byvoeg.  Maar wat dink jy?  Ek weet ook nie hoeveel van die mense van my wat van ver af kom sal kan kom nie.

