BLES BRIDGES
'Lawrence John Gabriel Bridges'

'n Huldeblyk

Opgedateer: 08/06/2000
Bles Bridges - 22/07/1946 tot 24/03/2000

22/07/1946 tot 24/03/2000


Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 gebore en het op Viljoensdrif in die Noord-Vrystaat groot geword. Hy is op 24 Maart 2000 in 'n motorongeluk dood en is op 03 April 2000 uit die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark begrawe.

Bles Bridges, Suid-Afrika se vernaamde en veelbesproke sanger, was 'n legende van sy tyd en terselfdertyd ook een van die grootste minnesangers wat die land nog geken het. Bles se Engelssprekende aanhangers het hom spontaan "Mr Showman" en "Mr Entertainer" gedoop.

Bles, so genoem deur sy Ierse oupa, omrede hy min hare gehad het op 'n vroeë ouderdom, was in meer as een opsig geseënd. Hy het 'n interessante en kleurryke musiekloopbaan met  volop hoogtepunte gehad. 

Hierdie vriendelike en goedhartige sanger met die breë glimlag en opgewekte geaardheid, het hom van meet af aan hart en siel in sy musiekloopbaan gewerp. 'n Bewys van sy gewildheid het gespreek uit die bywoning van sy konserte en die rekordverkope van sy albums. Die musiekpubliek en aanhangers het as't ware sy albums onmiddelik na vrystelling opgeraap.

Bles het een van die beste stemme in ligte musiek gehad wat die land nog opgelewer het. Bles se meer as 20 CD's het almal goud (25 000 eksemplare elk), 4 platinum (50 000 eksemplare elk), 3 dubbelplatinum (100 000 eksemplare elk) behaal. Bles se albums het dus altyd goed gevaar, veral vir 'n klein musiekmark soos dié in Suid-Afrika was dit 'n unieke prestasie. G'n wonder dat Bles ook die "Midas" van Suid-Afrikaanse musiek gedoop was nie, want as hy gesing het verander alles summier in goud. Sy grootste verkoper was I am the eagle you're the Wind.

Benewens sy Afrikaanse treffers was dit veral sy Ierse en countryliedjies wat besondere gewildheid geniet het. Bles het verder ook 'n faset van countrymusiek bemeester, en dit was om te jodel. Baie musiekliefhebbers van Bles was gaande daaroor en het hom beskou as die beste Afrikaanse jodelsanger van alle tye.

Sy vrou Leonie was die groot stukrag in sy lewe en sangloopbaan. Sy was nie net die klankingenieur by al sy konserte nie, maar het haarself as 'n bekwame komponis en liriekskrywer bewys. Meer as die helfte van al Bles se liedjies het sy self vir hom geskryf, onder meer Maggie, Onbekende weermagman, 'n Aand om nooit te vergeet nie, Reik na die sterre, Laat my lewe, laat my liefhê en I am the eagle you're the Wind is maar 'n paar van sy bekendstes. 

Deur sy meelewing en sy vermoë om met almal tydens sy konserte te kommunikeer, het hy diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip. Verder het hy ook veral die harte van die vroulike geslag gesteel deur rose uit te deel tydens sy konsertoptredes. Oral waar hy gekom het, het Bles Bridges vriende gemaak en as jy hom eenmaal ontmoet en leer ken het, het jy hom nooit vergeet nie. Bles het baie gepraat, baie gelag en met groot gemak 'n geselsie aangeknoop met sy musiekliefhebbers. Vir sy bewonderaars en veral kinders het hy altyd 'n tydjie gemaak. Byna nie 'n konsert het verbygegaan waar hy nie 'n kleinjie op sy skoot getel, 'n roos uitgedeel en vir hom of haar gesing het nie.

Maar donker dae van beproewing het gevolg. Bles het in die mees traumatiese typerk van sy lewe gestaan toe limfoomkanker van die maag gediagnoseer is en daar vir hom min hoop op genesing was. Na 'n groot operasie waartydens die grootste deel van sy maag weggesny was om die kanker te verwyder, gevolg deur intensiewe behandeling, het hy volkome herstel. Volgens Bles was dit 'n keerpunt in sy lewe en uit dankbaarheid teenoor sy Skepper dat hy so wonderbaarlik herstel het, het hy ruimhartige skenkings aan kankernavorsing, SANTA en ander liefdadigheidsorganisasies gegee.

Onvergeetlike hoogtepunte in sy sangloopbaan was sy optredes in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein en dié in die Goeie Hoop Sentrum in Kaapstad voor 'n gehoor van 6000 mense. Die toppunt van sy loopbaan was steeds sy optredes in die Sonstad op 14 en 15 Mei 1987 in die Superbowl van Sun City. Hy was die eerste plaaslike Afrikaanse kunstenaar om as hoofster in 'n uitverkoopte Superbowl op te tree. Dit was nie net 'n groot triomf vir Bles nie, maar bowenal het Afrikaanse musiek hier geseëvier.

 Bles was baie gesteld op sy voorkoms en het geglo dat 'n mens aan ander net respek kan betoon deur reg en ordentlik geklee (in sy spoguitrustings) voor hulle op te tree. " 'n Mens moet altyd 'n ander se menswaardigheid respekteer en mense behandel soos jy wil hê hulle jou moet behandel."

Bles wat onthou sal word as 'n musikale reus, het diep spore getrap en orals blink bakens op die Afrikaanse musiekpad agtergelaat. Van 'n nederige begin het hy gegroei tot 'n reus in die Afrikaanse musiekwêreld. 

Bles laat sy ouers, Cecil en Maria, sy vrou, Leonie, sy dogter, Sunette, sy seun Victor en twee kleinkinders agter.

Bles Bridges sal beslis deur sy bewonderaars en aanhangers gemis word.

*******************************************************************
Deur die jare heen was daar 'n aantal liedjies wat, uitgesonderd van sy reusetreffers, ook onder Bles se persoonlike gunstelinge getel het. Vir bykans dertig jaar het Bles op die verhoog en TV opgetree en sy toptreffers gesing wat deurentyd op langspelers, kasetbande en CD beskikbaar was. Nou is dit my voorreg om ook ander liedjies wat hom na aan die hart gelê het op "Goue en platinum treffers - deur die jare heen" in te sluit. Dit is afkomstig van albums wat vanaf 1984 tot 1999 opgeneem is plus sy heel laaste opname "Our First Kiss Goodnight" wat hy saam met Patricia Lewis drie dae voor sy heengaan voltooi het.

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 in Viljoensdrift gebore en het in Vereening grootgeword waar hy sy helle lewe gewoon en gewerk het. Hy het sy skoolloopbaan aan die Tegniese Hoërskool Vereening, en sy militêre diensplig te Youngsfield, Kaap voltooi. Daarna het hy homself as 'n passer en draaier bekwaam. Hy het 'n ingeneiuersfirma bedryf en is met die Sakeman van die Jaar - toekening vereer. Later het hy sy sakebelange verkoop om hom voltyds op sy musiekloopbaan toe te spits. Al sy albums het goue, platinum en dubbel platinum status bereik.

Elke dag op my lewenspad sien ek rose rondom my
Soveel mense is naby en deel my drome
As ek liefde vra is dit altyd daar en jy gee vir my jou hand
Met dié rose bring ek jou my dank

Leonie Bridges 
*******************************************************************
Aan Bles:

Die Liefde kom en gaan verby
Net soos die golwe op die see
Sal ons die liefde ooit verstaan
Wat heimwee en verlange gee
Net soos die seewind mistig waai
En golwe ewig wieg en dein
Net soos die seemeeu dartlend draai
Het al die vreugde nou verdwyn
Want die lewe sonder jou
Is eensaam en so alleen
En ek dink nog aan jou
Ek wonder waar is jy heen
Wie sal ooit kan verstaan
Hoe verlange my hart laat ly
In die lewe sonder jou
Is daar nooit weer 'n sanger soos jy.

André Viljoen 
*******************************************************************
We are all richer for haveing known Bles Bridges.
He enriched our lives with his songs, his sparkling personality and his enthusiasm! Enthusiasm for life. Ja, hy't ons verryk!

I recall in the early 80's , Bles being an opening act for some of our shows in the Vaal-triangle area. He probably wasn't even paid for his appearances then! But it gave me an opportunity to get to know this man, to listen to him, and to to realize that he was determined to make an impact on the Entertainment Industry. And make an impact he certainly did!

Bles het "Magic" gehad op die verhoog, "Magic" in die opname-ateljee. Proven by the 1.5 million albums sold.

Hy was beslis een van die gewildste kunstenaars in die geskiedenis van vermaak in die land. Dink net terug aan die "Superbowl" wat gepak was vir sy optredes.

Bles sou 'n Ster gewees het in enige land ter Wêreld. Hy was 'n Ster!

Bles, dankie dat jy ons vriend was, 'n kollega , en 'n wonderlike kleurvolle, kleurryke persoon. Daar sal nooit weer 'n Bles wees nie. We miss you.
Rus in Vrede.
Ons bring hulde aan jou.
We salute you!

Lance James 
*******************************************************************

Die begrafnis program van Lawrence John Gabriel Bridges - 03 April 2000


 
Lees my Gasteboek Teken my Gasteboek CD's / Albums Video's Foto Album Persoonlik

Karin Hougaard - Tuisblad
 

Vote HERE for this Web Site
 

Do you wanna know where the saying HOT DOGS comes from?
Were hot dogs ever made of dogs?
Why do things appear darker when wet?
What's so French about French Fries?
How do astronauts use the bathroom?
All of the above & more, just click below...
Hot Dogs
Just click above and pick any mailing you would like some answers on,
the best of all its FREE.
By MailBits.com


 
 

Email
Webmeester: Charles Malherbe
Kopiereg © 2000 Charles Malherbe

Hosted by www.Geocities.ws

1